duimnael|200px|'n Persiese miniatuurskildery uit die 16de eeu van Mohammed se Nagreis.
Die Nagreis van Isra en Mi'raj (Arabies: الإسراء والمعراج, al-’Isrā’ wal-Mi‘rāj) is ’n reis in twee dele wat die profeet Mohammed volgens die Islam omstreeks 621 n.C. in een nag afgelê het. Dit word beskryf as beide ’n fisieke en geestelike reis. ’n Kort beskrywing van die verhaal kom voor in soera 17 (Al-Isrâ‘, "Die Israeliete") van die Koran, en ander besonderhede uit hadit-geskrifte, versamelings wat vertel van die leringe, dade en mededelings van Mohammed.
In die Isra-deel reis Mohammed op die ros Boerak na die Verre Moskee, waar hy ander profete in gebed lei. Hy vaar dan op na die hemel in die Mi'raj-deel van die reis waarin hy met Allah praat. God gee Mohammed opdrag om aan die gelowiges die besonderhede van gebed te vertel. Die herdenking van dié reis is een van die belangrikste gebeure in die Islamitiese kalender.
Koran In die Koran is die soera Al-Isrâ‘ na die Isra genoem. Die eerste vers beskryf die Isra kortliks. Daar is ook inligting in ’n latere vers, in soera 53, wat volgens sommige geleerdes verband hou met die Nagreis.Koran, Soera 53:13-18
Hadit In verskeie hadit-geskrifte kom meer besonderhede voor. Die Isra is die deel van Mohammed se reis van Mekka na Jerusalem. Dit het begin toe Mohammed in die Al-Masdjid al-Haram was en die aartsengel Gabriël (Djibrail) na hom gekom het. Hy het Boerak, tradisioneel die hemelse ros van die profete, saamgebring. Boerak het Mohammed na die Verre Moskee geneem, volgens baie in Jerusalem. Mohammed het Boerak aan die Tempelberg vasgemaak en gebid, waar hy in opdrag van God deur Gabriël getoets is. Volgens Anas ibn Malik, ’n metgesel van Mohammed wat in dié tyd ’n jong seun moes gewees het, het die profeet gesê: "Djibrail het vir my ’n vat melk, ’n vat wyn en ’n vat water gebring, en ek het die melk gekies. Jibrail het gesê: 'Jy het die Fitra (natuurlike instink) gekies.'"
In die tweede deel van die reis, die Mi'raj (’n Arabiese woord wat letterlik "leer" betekenMi'raj — The night journey), het Boerak hom na die hemele vervoer, waar hy deur die "sewe hemele" gereis het en met vroeëre profete gepraat het, onder andere Ibrahim (Abraham), Moesa (Moses), Johannes die Doper en Isa (Jesus). Mohammed is toe na Sidrat al-Muntaha, ’n heilige boom, geneem. Volgens die Islamitiese tradisie het God vir Mohammed opdrag gegee dat Moslems 50 keer per dag moet bid; Moses het egter vir Mohammed gesê dit sal moeilik vir die mense wees en het Mohammed aangeraai om dit te probeer verminder. Dit het toe eers tien keer en eindelik vyf keer geword.IslamAwareness.net – Isra and Mi'raj, The DetailsAbout.com – The Meaning of Isra' and Mi'raj in Islam
Masdjid al-Aksa, die Verre Moskee duimnael|260px|Die Masdjid al-Aksa is vermoedelik die "Verre Moskee" wat die Koran noem, en word beskou as die derde heiligste plek in die Islam, naas Mekka en Medina.
Die plek wat in die Koran die "Verre Moskee" genoem wordKoran, Soera 17:1 (Arabies: المسجد الأقصى, al-Masjidu 'l-’Aqṣá), word histories beskou as die terrein van die hedendaagse Masdjid al-Aksa in Jerusalem. Die moskee was egter nog nie gebou in Mohammed se tyd nie. Die Jerusalemse vertolking is aangevoor deur die vroegste biograaf van Mohammed, Ibn Ishaq (omstreeks 704-761/770) – en word deur verskeie hadit-geskrifte ondersteun. Die term vir moskee (Arabies: masdjid) beteken letterlik "plek van neerknieling" en dui dus op plekke van aanbidding en nie noodwendig ’n gebou nie. Soos Mohammed gesê het: "Die aarde is vir my (en vir my volgelinge) ’n plek gemaak om te bid."Bukhari Vol. 1, Boek 7, No. 331 Nadat die Rasjidoen-kalief Omar Jerusalem ná Mohammed se dood verower het, is ’n gebedshuis op die terrein gebou. Dit is tydens die bewind van die Omajjadiese kalief Abd al-Malik ibn Marwan begin vergroot en in 705 n.C. deur sy seun, al-Walid I, voltooi. Die gebou is herhaaldelik deur aardbewings verwoes en herbou, totdat dit in 1033 die laaste keer deur die Fatimidiese kalief ʻAlī az-Zāhir herbou is. Dit is die gebou wat vandag nog staan.
Baie Westerse historici, soos Heribert BusseHeribert Busse, "Jerusalem in the Story of Prophet Muhammad's (SAW) Night Journey and Ascension," Jerusalem Studies in Arabic and Islam 14 (1991): 1–40. en Neal Robinson,N. Robinson, Discovering The Qur'ân: A Contemporary Approach To A Veiled Text, 1996, SCM Press Ltd.: Londen, bl. 192. stem saam dat Jerusalem die plek is wat oorspronklik bedoel is. Moslems het destyds na Jerusalim gedraai wanneer hulle gebid het. Volgens die volgende verse uit die Koran het God die rigting (kiebla) later na Mekka verander:
Moderne herdenking Moslems vier die herdenking van Mohammed se Nagreis – sommige deur ekstra te bid, en ander deur stede met elektriese ligte en kerse te verlig. Sommige mense kan vir ander die verhaal vertel van hoe Mohammed se hart deur Gabriël rein gemaak is en hoe die engel hom met kennis en geloof gevul het ter voorbereiding van sy reis na die sewe hemele. Ná salaah word kos en versnaperinge voorgesit.
Die Masdjid al-Aksa dui die plek aan van waar Mohammed volgens die Islam na die hemele opgevaar het. Die presiese datum van die Nagreis is nie bekend nie, maar word gevier asof dit voor die hidjra en ná Mohammed se besoek aan die mense van Taif plaasgevind het.
Verwysings
Bronne A. Bevan, Muhammad's Ascension to Heaven, in "Studien zu Semitischen Philologie und Religionsgeschichte Julius Wellhausen," (Topelman, 1914, ble. 53–54.) B. Schrieke, "Die Himmelsreise Muhammeds," Der Islam 6 (1915–'16): 1-30 Colby, Frederick. The Subtleties of the Ascension : Lata'if Al-Miraj: Early Mystical Sayings on Muhammad's Heavenly Journey. City: Fons Vitae, 2006. Hadit oor die Isra en Mi'raj uit Sahih Muslim
Eksterne skakels "Sunnah" "The Night Journey with Optional Prayers" "Isra and Miraj:" The Miraculous Night Journey
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Islamitiese mitologie Kategorie:Koran