Sy klink soos lente is 'n Afrikaanse rolprent wat op 30 September 2016 vrygestel is. Die rolprent is in Johannesburg verfilm. Stiaan Smith vertolk een van die hoofrolle, maar het ook die draaiboek geskryf.
Genre Die rolprent is 'n romantiese komedie. Dit het 'n ouderdomsperk van 10 tot 12 OL (ouerleiding vir gekruide taal). Die film is van Engelse onderskrifte voorsien.
Rolverdeling Amalia Uys as Linda, 'n ouditeur Stiaan Smith as Ben, werktuigkundige en orkeslid Bennie Fourie as JJ, werktuigkundige en orkeslid Wilson Dunster as Oom Fanie, 'n orkeslid James Cunningham, werktuigkundige en orkeslid Darren Kelfkens as Kaptein, die werkswinkel se bestuurder Bouwer Bosch as Helgaard, 'n kollega Tina Kruger as Candy Elize Cawood as Tannie Martie
Storielyn Ben is ’n werktuigkundige by ’n motorhandelaar in Johannesburg, en Linda 'n beeldskone, slim rooikop, wat mekaar een aand in 'n kroeg ontmoet. Ben herken haar dadelik en weet dat dit die baas se dogter is, maar sy weet nie wie hy is nie. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar. In ’n waansinnige en onsekere poging om sy identiteit te verdoesel, jok Ben vir Linda en vertel haar dat hy die hoofsanger van ’n musiekgroep is.
Ben en Linda se liefde blom onverwags en hy besluit dat hy sy woord gestand sal moet doen. Hy begin 'n groep saam met ’n paar medewerkers en skryf vir 'n kompetisie in. Dit blyk egter vinnig dat ’n musiekloopbaan nie in elke man se broek sit nie. En wat gaan gebeur as Linda uitvind dat hy vir haar gejok het?
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Eksterne skakels
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente