J.J. Brits was ’n Afrikaanse skrywer.

Lewe en werk Johannes Jacobus Brits is op 27 April 1908 op ’n plaas in die distrik Bloemfontein gebore, waar hy grootword. Sy vader is in Junie 1919 oorlede. In sy agste jaar begin hy op die plaasskool skoolgaan, waar hy standerd ses behaal en dan op Reddersburg matrikuleer. Hy studeer verder aan die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat in Bloemfontein, waar hy eers in die lettere studeer en daarna in die ekonomie. Hierna boer hy vir ’n paar jaar, maar word dan staatsamptenaar. In 1947 begin hy by die Universiteit van Suid-Afrika werk en word mettertyd hoofraadgewer in die departement van studentesake. Hy is lid van die Afrikaanse Skrywerskring, word in 1960 tot sekretaris verkies en word later ook voorsitter. Hy lewer op 25 Maart 1976 as voorsitter die openingsrede by die sesde vyfjaarlikse kongres van die Afrikaanse Skrywerskring in Pretoria, met die tema “Die skrywer en die gemeenskap”.

Skryfwerk Die dood van sy vader gee aanleiding tot die skryf van sy eerste gedig, wat in Die Huisgenoot gepubliseer is. Hy publiseer verhale (veral spookstories) in Die Huisgenoot onder sy voorletters of die skuilnaam Job. Onder sy eie naam publiseer hy in Die Volksblad, Landbouweekblad en Tydskrif vir Letterkunde. Aanvanklik lê hy hom toe op ernstige skryfwerk, maar skakel daarna oor na ontspanningsleesstof wanneer hy besef dat daar ’n tekort daaraan in Afrikaans is. Sommige van sy boeke word aan skole en universiteite voorgeskryf en hy behaal veral sukses met jeugverhale.

Publikasies JaarPublikasies1939Winkende beloftes1941Die moord in die poort1942Die huis teen die bultDie slingerpad1943Waters wat verby is1945Agter die rant1946Glans van die reënboog1948Oggendskadu’sOp skool met Josina1949Sterre en straatligte1951Die oop deur1953Volmaakte oorgawe1955Volmaakte oorgawe1958Speurder Danie1959Sterre en straatligte1960Die mense van Paradys1962Die gesin Serfontein1964Danie en die skatgrawers1965Dokter Gerhard

Bronnelys

Boeke Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 Nienaber, P.J. “Hier is ons skrywers!” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe1969

Internet Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3ABrits%2C+J.+J.&dblist=638&fq=ap%3A%22brits%2C+j+j%22&qt=facet_ap%3A

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1908