Die Mazda CX-5 is 'n kompakte oorkruis SNV wat deur Mazda vervaardig word sedert 2012 vir die 2013-modeljaar. Dit is Mazda se eerste motor wat die nuwe KODO – Soul of Motion ontwerptaal benut,MAZDA: Mazda Design , 2011 wat die eerste keer in die Shinari konsepvoertuig getoon is in Mei 2011.Paris Preview: Mazda debuts new Kodo design language with Shinari Concept, 2010 Dit deel 'n platform met die Mazda3 en Mazda6. Dit is ook die eerste voertuig met die maatskappy se volle Skyactiv-Tegnologie suite, met 'n stewige, liggewigplatform, gekombineer met 'n nuwe reeks van doeltreffende enjins met verminderde uitlaatbesoedeling en verbeterde brandstofverbruik. Die Skyactiv enjin- en transmissietegnologie is aanvanklik in die 2012 Mazda3 kompakte sedan en luikrug vrygestel.
Ontwikkeling links|duimnael|Mazda Minagi Konsep 2011 by die Geneefse motorskou. Mazda MINAGI (マツダ 勢(MINAGI)) konsepmotor is die eerste Mazdavoertuig met Mazda se nuwe 'KODO – Soul of Motion'-ontwerptaal en SKYACTIV-tegnologie.
Die voertuig is by die 2011-Geneefse motorskou onthul.
links|duimnael|Mazda CX-5 Maxx Sport (voor opsmuk, Australië) Die ontwerp is gebaseer op die Mazda MINAGI. Die Mazda CX-5 vervang beide die Mazda Tribute en die Mazda CX-7.
Die Japannese model is onthul by die 2011 Tokio-motorskou, en 'n verpersoonlikte variant in rooi buitekleur met allooiwiele geverf in mat-swart en effens laer ryhoogte is later by die 2012 Tokio Motor Salon vrygestel. Produksiemodelle verkoop sedert 2012, met 'n keuse van SKYACTIV-D 2.2 of SKYACTIV-G 2.0 enjins en SKYACTIV-DRIVE 6-gang outomatiese ratkas.
Met sy bekendstelling in 2012 het dit die Motor van die Jaar Japan-toekenning verower.
Produksieweergawe Die CX-5 is beskikbaar met beide voor- en alwieldryf, met krag vanuit 'n 2.0 liter petrol viersilinderenjin (PE-VPS) wat 121 kW (162 bhp) en 210 N·m lewer teen 'n geskatte 10 L/100 km.
Dit sal ook beskikbaar wees met 'n 2.2 liter tweestadium turbo-aangejaagde diesel (SH-VPTS) wat óf 110 kW (147 bhp) en 380 N·m, óf 129 kW (173 bhp) en 420 N·m lewer, met die uitlaat van 'n geskatte 119 en 139 g/km onderskeidelik. Die EPA-gegradeerde die CX-5 se verbruik is die beste in sy klas, gemiddeld 26mpg stad en 35mpg snelweg, wat Mazda reken is die beste verbruik vir enige nie-hibriede SUV. Brandstofverbruik vir die intreevlak-dieselenjin met voorwielaandrywing is 4,5 L/100 km; (52 mpg).Mazda CX-5 2.2d 4WD Auto review, September 20112012 Mazda CX-5 fuel economy revealed at Frankfurt Motor Show, 14 September 2011
Japannese produksie van Mazda CX-5 met SKYACTIV-D 2.2 dieselenjin het by die Ujina-aanleg naby Mazda se hoofkwartier in Hiroshima begin.
In 2012 is daar beplan om die Mazda CX-5 produksie by die Ujina-aanleg te verhoog tot 240,000 eenhede per jaar deur die uitbreiding van produksie by Ujina-aanleg No. 2 bykomend tot aanleg No. 1.
Bemarking In die Japanse plaaslike mark het die CX-5 maandelikse verkope van 8 keer hoër as wat voorspel is, behaal sedert Februarie 2012, met die "skoon diesel"-model wat vir 'n aandeel van 73% verantwoordelik was.
Die Mazda CX-5 is die wenner van die Japan Motor van die Jaar-Toekenning 2012–2013.
Opknapping regs|duimnael|Opgesmukte Mazda CX-5 Sport Die opgesmukte model Mazda CX-5 is onthul by die 2014 Los Angeles Motorskou as 'n 2016 model. Noemenswaardige veranderinge sluit in opgradering in buitestilering, vermidering van padgeraas, 'n verbeterde info-vermaakstelsel en 'n sport-modus vir die 6-gang outomatiese ratkas. Die tegnologiepakket kry ook LED-hoofligte, LED-misligte en kombinasie LED-agterligte. Die beskikbare enjinopsies bly dieselfde.
Verwysings
CX-5