Malene Breytenbach (1948-) is ’n Afrikaanse skrywer. Breytenbach skryf verskeie liefdesverhale, maar lewer ook verskeie ander romans met ernstige temas. Sy skryf ook onder die skuilnaam Marilyn Bennet.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewe en werk Malene Breytenbach is op 1 September 1948 op Port Shepstone in Natal gebore. Haar pa en ma ontmoet mekaar in die Oos-Kaap. Die gesin emigreer na Rhodesië (tans Zimbabwe) en sy bly tot veertienjarige ouderdom in Gwelo (later Gweru) in Zimbabwe. Hier werk haar pa by die Dairy Marketing Board. Hulle woon op die dorp maar woon ook ’n tyd lank op ’n plaas. Op Gwelo ontvang sy haar skoolopleiding aan die Cecil John Rhodes Primary School en Chaplin High School. Die politieke onrus in Rhodesië neem toe. Die gesin keer in die sestigerjare terug na Suid-Afrika en woon in Pretoria, waar sy matrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool .

Ná skool studeer sy ’n B.A.-graad behaal met Frans en Engels as hoofvakke en daarna ’n B.A. Honneurs-graad in Engels aan die Universiteit van Pretoria. Hierna werk sy as vertaler by onder meer Krygkor en word ook ’n beëdigde vertaler. Sy trou in 1970 met professor Willie Breytenbach, leraar in Volkekunde. politieke wetenskaplike en Afrika-kenner. Hulle het ’n dogter, Karen, wat in 1981 gebore is. In 1985 verhuis die egpaar na Stellenbosch, waar haar man hoof word van die Departement Afrikastudie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy werk vanaf 1990 tot 2008 by die Universiteit van Stellenbosch, eers in Openbare Betrekkinge en later in Kommunikasie en by die Stellenbosch Stigting. Aan die Universiteit van Stellenbosch behaal sy ’n B.A. Honneurs-graad met lof in die Joernalistiek en later ook die M.A.-graad en D.Phil.-graad in hierdie rigting. Sy behaal ook ’n M.A.-graad in Ou Nabye Oosterse Studie en ’n M.Phil.-graad in Antieke Studies. Nadat sy in 2008 aftree, skryf sy voltyds. Haar kortverhale en boekresensies verskyn in verskeie koerante en tydskrifte en ook op LitNet.

Skryfwerk

Malene Breytenbach Nadat sy klaar is met jarelange studies begin sy skryf en sy debuteer in 2005 met ’n liefdesroman, Palmyra herleef. Daarna volg ongeveer vyftig kontemporêre, historiese en mediese liefdesromans.

Sy lewer ook meer ernstige werk. Gister is ’n ver landCilliers, Stoffel “Beeld” 10 Augustus 2009 het as tema die onafhanklikwording van Afrikalande, die einde van kolonialisme en die konflik wat dit meebring. Die geleidelike politieke onrus, eers in Kenia en later in Rhodesië, en veral die Rhodesiese oorlog van 1972 tot 1980, laat liggaamlike en diep geestelike letsels op etlike karakters. Die verhaal word ’n indringende studie in die werklikhede van Afrika, waar geweld en konflik en die begeerte om te besit en heers altyd net onder die oppervlak skuil en witmense dit alte dikwels moet ontgeld. In Afrika is alle besit en heerskappy bloot ’n tydelike vergunning. Die skrywer vertaal dié roman in Engels: Yesterday is a Lost Country.

PluimprinseNel, Ronel “Beeld” 19 Julie 2010 is ’n roman oor die goue jare van die volstruisveerbedryf in Oudtshoorn.Nieuwoudt, Stephanie “Rapport” 25 Julie 2010 Die interaksie van die Joodse boere met die Afrikaners van die laat negentiende en vroeg twintigste eeu word aangeraak, asook die verhoudings oor rassegrense heen in vandag se tyd, terwyl die verval na die ineenstorting van die volstruisveermark ook sy hedendaagse eweknieë het. So word ’n parallel tussen die verlede en die hede getrek.

BloedgrondHaasbroek, P.J. “Beeld” 13 Junie 2011 is ’n roman oor grondonteiening en plaasmoordeVictor, Madri “Rapport” 3 Julie 2011 in Mpumalanga. Dit is ’n mengsel van ’n speurverhaal, spanningsverhaal en liefdesverhaal.

Eenoogkoning is die verhaal van ’n Kaapse vrou, Salome Binnemans, dogter van ’n parlementslid, wat meer as een liefde en die Anglo-Boereoorlog, die oorlog in Duitswes-Afrika, die Eerste en Tweede Wêreldoorlog beleef. Eenoogkoning was een van die tien finaliste in LAPA se 2011-romankompetisie.

Kennis is magStander, Christell “Rapport” 18 Augustus 2013 is ’n satiriese roman oor die kleinlike politieke woelinge aan die fiktiewe Universiteit van Utopia, wat duidelike ooreenkomste met Stellenbosch toon.

Anderkant omdraai en The Lions and the Scavengers is twee romans wat in Zimbabwe afspeel en is eboeke op Amazon.

Kortverhale en radiodramas Sy skryf ook verskeie tydskrifkortverhale en koerantartikels. Haar kortverhaal Polvye word opgeneem in die erotiese versamelbundel Bloots, terwyl Arms opgeneem word in Skarlakenkoors. In Hartlam verskyn haar verhaal Geen groter liefde.

Die radiodramas Die spooklig en Die vlugtelinge word op LitNet gepubliseer.

Marilyn Bennet Onder die skuilnaam Marilyn Bennett skryf sy ook die populêre romans Vir liefde en vryheid en Waar liefde vonkel

Publikasies JaarPublikasiesMalene Breytenbach2005Palmyra herleef2006Huis van my hartDiamante in die stofDie geheim van AuroraGodin van die wingerd2007Verskeurde hartLiefste vreemdeling’n Ster vir StellaSkat uit die seeEiland van liefdeOase van liefdeSafari na liefdeMaak my hart gesondReünie van harteHeld uit die verledeHoe kwesbaar die hart2008Liefde in Venesië’n Kasteel vir MoiraDoolhof van liefdeIntrige op ImbovaliHertog van die PampasHeler van skadeIn jou hande2009Gister is ’n ver landTot die dood ons skeiVerbode liefdeRoep van die woestynwind2010Dokter sonder grensePluimprinse2011BloedgrondDokter van verEenoogkoning2012Hartstog op seeEiland van dromeKennis is mag2013Locum vir liefdeMarilyn Bennett2008Vir liefde en vryheidWaar liefde vonkel 2014Maya en die operaster,2014Met die oog op liefde2015My redder, my beminde2016Geheime liefde2016Lorna en die professor2016Grenslose liefde2017Van sorg na liefde2017Geliefde heler2017Die Professor en die beterweter2018Vlug na Santorini2018In my drome2018Sophia se beskermengel2018My ster jou ster2019Huis van geheime2019Toskane roep my hart2019Verlore skatte2015-2019Hartklop Omnibus 1 tot 52018-2019Melodie Omnibus 3 en 4

Bronnelys

Internet Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2009/08/03/KA/2/malenebreyt.html Breytenbach, Malene: http://www.malenebreytenbach.co.za/ Facebook: https://www.facebook.com/malene.breytenbach Green, Phyllis: Sarie: http://www.sarie.com/lewe-liefdes/5-boekminute-met-malene-breytenbach/ Green, Phyllis: Sarie: http://www.sarie.com/lewe-liefdes/boeke/malene-breytenbach-oor-liefdesverhale-2/ Liefdesverhale: http://www.liefdesverhale.co.za/Authors/2392 LitNet ATKV-Skrywersalbum 10 Junie 2014: http://www.litnet.co.za/malene-breytenbach-1948/ Scholtz, Gerard Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2010/07/05/SK/8/skrywersgesprekMalene%20Breytenbach.html NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/2392 Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/skrywers.html Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/breytenbachm.html

Resensies

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1948