Lategan P. Bredenkamp (1928–2010) was ’n Afrikaanse skrywer.

Lewe en werk Lategan P. Bredenkamp is in Januarie 1928 gebore. Hy is getroud met Minnie en hulle het ses kinders, drie dogters (Lia, Alet en Rietjie) en drie seuns (D.C., Izak en Pieter). Sy vrou is in 1999 oorlede. Hy bly op die plaas Amper in die distrik Postmasburg in die Noord-Kaap, waar hy met skape en beeste boer. Op 3 Desember 2010 is hy in die hospitaal op Upington oorlede.

 Skryfwerk “Jan Leendert”Greeff, Rachelle “Rapport” 1 Maart 2009 vertel die verhaal van ’n rondswerwende bruin plaaswerker,Kemp, Theo LitNet: http://argief.litnet.co.za/article.php?news_id=78410 Jan Leendert, en sy vrou Katrien se verblyf op ’n skaapplaas iewers voor die Tweede Wêreldoorlog en die verhouding wat daar tussen die wit boer en hulle heers.Nel, Ronel “Beeld” 9 Maart 2009 Die verteller in die verhaal is die jong seun Pieter. Ná Jan se aankoms begin dinge op die plaas ten goede verbeter, maar die boer neem aanvanklik aanstoot oor Jan se voorbarigheid, wat vriendelik maar ferm sy meestal baie billike eise uiteensit. Treffend is die wyse waarop die skrywer deur dinge te verswyg somtyds meer sê as wat vermeld word, waarna die krisis van misverstand wat die verhouding tref skok in sy ontbloting van die krake in die menslike psige. “Waar die wêreld wyd is”Cilliers, Stoffel “Beeld” 7 Junie 2010 vertel die familiegeskiedenis, met die eerste gedeelte wat die verhaal vertel van die verteller se oupa, sy pa en ander baanbrekers en in die tweede deel sy eie kinderjare behandel.Jordaan, Annette Tydskrif vir Letterkunde: http://www.letterkunde.up.ac.za/resensies/48_2/27%20Resensies%20Jordaan%2003.pdf Elke deel is verder opgedeel in episodes, sodat die geskiedenis broksgewys maar op baie onderhoudende manier geskets word.Rosant, Chrisanth “Rapport” 5 September 2010: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/rapport/2010/09/07/RH/8,9/boek09memoirs2.htmlTen tye van sy dood is daar nog ’n aantal onvoltooide manuskripte op sy rekenaar, met voorlopige werktitels soos “Toeka se tyd”, “Enkeldoringboom” en “Gert en Johannes”.

Publikasies JaarPublikasies2008Jan Leendert2010Waar die wêreld wyd is

Bronnelys

Tydskrifte en koerante Botha, André “Skryf is vir dié boer die lekkerste werk” “Volksblad” 9 Maart 2009 Botha, André “Merkwaardige skrywer-boer op 82 oorlede” “Volksblad” 4 Desember 2010

Internet Bookslive: http://bookslive.co.za/blog/2009/02/13/nuut-deur-protea-boekhuis-jan-leendert-deur-lategan-p-bredenkamp/ Protea Boekhuis: http://www.proteaboekhuis.com/index.php/protea-outeurs-authors-bredenkamp-lategan Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3ABredenkamp%2C+Lategan+P.&qt=hot_author

Resensies

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 2010