H.H. Broodryk (*1891- onbekend) was ’n Afrikaanse skrywer. Broodryk skryf ook onder die skuilnaam Beeba.
Lewe en werk Hugo Henry Broodryk is in 1891 gebore. Hy beklee ’n aantal verantwoordelike betrekkings in die onderwysberoep, waarna hy hom in die politiek begewe as kandidaat vir die Nasionale Party. In 1943 verloor hy die verkiesing in die Tuine-kiesafdeling in die Kaap teen die kandidaat van die Verenigde Party.
Skryfwerk Onder die skuilnaam Beeba skryf hy veral speurverhale soos Die diamantkoper en ander speurderstories en Die diamanthalssnoer en drie ander speurdersverhale. Bont beelde bevat ’n aantal sketse, waaronder Die dokter se gedagte wat oorspronklik in 1928 in Die Huisgenoot verskyn het. Hierin kry die uitlandse dokter Arnot (wat arend beteken) sy eerste pasiënt, die eienaar van die Phoenix Hotel, met die feniks in die hotel se naam natuurlik die legendariese voël wat uit die asse verrys. Die lykbesorger is egter soos ’n aasvoël op die uitkyk vir sy volgende kliënt.
Indrukwekkend vir hierdie stadium van die ontwikkeling van die Afrikaanse kortverhaal is die slim spel wat die skrywer met sy name speel. Hierdie verhaal word deur Daniel Hugo in die versamelbundel Tydskrif 2 opgeneem en die kortverhaal Die jongste word deur M.S.B. Kritzinger opgeneem in die versamelbundel Die jongste Afrikaanse kortverhale. Kykies in die politiek is herinneringe uit sy dae as politikus, wat onder sy eie naam verskyn. Hy skryf ook ’n aantal skoolboekies met onderrig oor die Afrikaanse taal, spesifiek gemik op gebruik in die verskillende standerds (1-6) van die laerskool.
Publikasies JaarPublikasiesBeeba1929Die diamantkoper en ander speurderstoriesDie diamanthalssnoer en drie ander speurdersverhale1930Bont beeldeH.H. Broodryk1923Juta se Afrikaanse taalboekiesJuta se Afrikaanse verhaaltjies in die spreek-, stel- en leesonderwys1948Kykies in die politiek
Bronnelys
Boeke Kritzinger, M.S.B. (samesteller) “Die jongste Afrikaanse kortverhale” J.H. de Bussy Pretoria en H.A.U.M. Pretoria. Vyfde druk. 1944
Internet Noordwes-Universiteit: http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/11258 Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2002-65820/ Wybenga, Gretel Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2002/12/30/9/4.html
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1891