Herpes simplex (Grieks: ἕρπης herpēs= "kruipend" of "sluimerend") is 'n virale siekte wat veroorsaak word deur die herpes simplex-virus (HSV). Infeksies word geklassifiseer na gelang van die deel van die liggaam wat besmet is. Orale herpes tas die gesig of mond aan. Dit kan lei tot groepies klein blasies wat dikwels koorsblare genoem word, of dit kan net 'n seer keel veroorsaak.Balasubramaniam, R; Kuperstein, AS; Stoopler, ET (April 2014).Mosby (2013). Genitale herpes, dikwels eenvoudig bekend as herpes, bring geringe simptome mee of vorm blase wat oopbreek en klein swere vorm. Dit genees gewoonlik binne twee tot vier weke. Voordat die blasies verskyn kan daar 'n tintelende gevoel of steekpyne ervaar word. Herpes wissel tussen periodes van aktiewe siekte gevolg deur simptoomvrye periodes. Die eerste episode is dikwels meer ernstig en kan gepaardgaan met koors, spierpyne, geswelde limfkliere en hoofpyn. Met verloop van tyd neem die frekwensie en hewigheid van aktiewe siekperiodes af. Ander siektes wat veroorsaak word deur die herpes simplex-virus sluit onder andere in: herpetiese fyte wat die vingers aantas,Wu, IB; Schwartz, RA (March 2007). herpes van die oog,Rowe, AM; St Leger, AJ; Jeon, S; Dhaliwal, DK; Knickelbein, JE; Hendricks, RL (January 2013). herpes infeksie van die brein,Steiner, I; Benninger, F (December 2013). en neonatale herpes wat pasgebore babas affekteer.Stephenson-Famy, A; Gardella, C (December 2014)."Genital Herpes – CDC Fact Sheet". cdc.gov.

Nadat besmetting plaasgevind het, word die virusse met die sensoriese senuwees langs vervoer tot by die senuweeselliggame waar hulle lewenslank woon. Oorsake vir herhalende infeksie mag wees as gevolg van verminderde immuunfunksie, stres en blootstelling aan sonlig.Balasubramaniam, R; Kuperstein, AS; Stoopler, ET (April 2014).Elad S, Zadik Y, Hewson I, et al. Mondelinge en genitale herpes word gewoonlik gediagnoseer op grond van die simptome wat voorkom.Balasubramaniam, R; Kuperstein, AS; Stoopler, ET (April 2014). Die diagnose kan bevestig word deur virale kultuur of die opsporing van herpes DNA in die vloeistof wat afkomstig is uit die blase.

Wêreldwye koerse van óf HSV-1 of HSV-2 is tussen 60% en 95% in volwassenes.Chayavichitsilp P, Buckwalter JV, Krakowski AC, Friedlander SF (April 2009). HSV-1 word gewoonlik opgedoen tydens die kinderjare. Beide koerse verhoog as mense verouder.Chayavichitsilp P, Buckwalter JV, Krakowski AC, Friedlander SF (April 2009). Meeste mense met HSV-2 besef nie dat hulle besmet is nie.

Klassifikasie Herpes simplex word verdeel in twee tipes: HSV-1 veroorsaak hoofsaaklik mond, keel, gesig, oog en sentrale senuweestelsel infeksies, terwyl HSV-2 hoofsaaklik anogenitale infeksies veroorsaak. Beide kan egter lei tot infeksies in alle areas.Chayavichitsilp P, Buckwalter JV, Krakowski AC, Friedlander SF (April 2009).

Tekens en simptome duimnael|Herpes infeksie HSV-infeksie veroorsaak verskeie afsonderlike mediese ongesteldhede. Algemene infeksie van die vel of slymvlies kan die gesig en mond affekteer, asook genitalieë (genitale herpes) of hande (herpetiese fyte). Meer ernstige versteurings kom voor wanneer die virus die oog besmet en beskadig (herpes keratitis), of die sentrale senuweestelsel binnedring en die brein beskadig (herpes enkefalitis). Mense met 'n onvolwasse of onderdrukte immuunstelsel, soos pasgeborenes, orgaan-ontvangers of mense met VIGS, is geneig tot ernstige komplikasies as gevolg van HSV infeksies. HSV infeksie word ook  verbind met die kognitiewe agterstande van bipolêre versteuring,Dickerson FB, Boronow JJ, Stallings C, et al. en Alzheimer se siekte, alhoewel dit dikwels berus op die genetika van die besmette persoon.

HSV kan nooit uit die liggaam verwyder word deur die immuunstelsel nie. Na afloop van 'n primêre infeksie, gaan die virus die senuwees binne op die plek van die primêre infeksie, migreer dan na die selliggaam van die neuron, en word sluimerend in die senuweeknoop (ganglion).Gupta R, Warren T, Wald A (December 2007). As gevolg van die primêre infeksie, produseer die liggaam teenliggaampies  vir die spesifieke tipe HSV, en dit werk voorkomend in teen 'n daaropvolgende infeksie van daardie tipe virus op n nuwe area. By mense wat met HSV-1-besmet is na afloop van 'n orale besmetting, word hulle deur serokonversie beskerm teen verdere infeksies soos fyte, genitale herpes en herpes van die oog. Dit blyk dat vroeëre HSV-1 serokonversie die simptome van 'n latere HSV-2 infeksie kan verminder, hoewel HSV-2 nog steeds opgedoen kan word.

Baie mense wat besmet is met HSV-2 vertoon geen fisiese simptome nie—individue met geen simptome word beskryf as asimptomaties of dat hul subkliniese herpes het.Handsfield HH (2000). Toestand Beskrywing IllustrasieHerpetiese gingivostomatitis Herpetiese gingivostomatitis kom gewoonlik tydens die eerste herpes infeksie voor.senter|150x150px Herpes labialisInfeksie vind plaas wanneer die virus in aanraking kom met orale slymvlies of geskaafde vel. senter|150x150px Herpes genitalisSimptomaties manifesteer 'n primêre HSV-1 of HSV-2 geslagtelike infeksie as bondels ontsteekte puisies en blasies op die uitwendige geslagsdele – dit lyk baie soos koorsblare. senter|150x150px Herptiese fyt en herpes gladiatorum Herpes fyte is 'n pynlike infeksie wat gewoonlik die vingers en duime aantas. Infeksie kan ook soms op die tone of naelriem voorkom. Mense wat aan kontaksport deelneem, soos stoei en rugby, kan herpes gladiatorum opdoen wat deur HSV-1 veroorsaak word. Dit verskyn as vel sere op die gesig, ore en nek. Simptom esluit in hoofpyn, seer keel en geswelde kliere. Dit kan soms ook die ooglede affekteer. senter|172x172px Herpes enkefalitis en Herpes meningitis'n Herpes infeksie van die brein wat vermoedelik veroorsaak word wanneer die virus   ( gereaktiveerde HSV-1) vanaf die gesig oorgedra word langs die trigeminale senuwee akson tot by die brein. HSV is die mees algemene oorsaak van virale enkefalitis. Die virus val meesal die temporale lob van die brein aan.Herpes Encephalitis at eMedicine HSV-2 is die mees algemene oorsaak van Mollaret meningitis. senter|160x160px Herpes esofagitisSimptome mag wees dat dit pynlik of moeilik is om te sluk. Dit word dikwels geassosieer met verswakte immuunfunksie bv: MIV. senter|170x170px

Patofisiologie + Herpes afwerpingWarren, Terri (2009). HSV-2 genitaal 15-25% van dae HSV-1 oraal 6-33% van dae HSV-1 genitaal 5% van dae HSV-2 oraal 1% van dae Herpes word opgedoen deur direkte kontak met 'n aktiewe letsel of liggaamsvloeistof van 'n besmette persoon."AHMF: Preventing Sexual Transmission of Genital herpes". Herpes simplex-virus 2 word tipies oorgedra deur direkte vel-tot-vel kontak met 'n besmette individu, maar kan ook opgedoen word deur blootstelling aan besmette speeksel, semen, vaginale vloeistof of die vloeistof uit herpetiese blase.Wysocki, edited by Anita L. Nelson, JoAnn Woodward ; foreword by Susan (2006). Wanneer 'n nuwe individu besmet word, beweeg die HSV deur klein stukkende plekkies in die vel of slymvliese van die mond of genitale areas. Selfs mikroskopiese skaafplekkies op die slymvliese is voldoende om die virus toegang te gee.

HSV asimptomatiese afskilfering gebeur een of ander tyd met die meeste individue wat besmet is met herpes. Dit kan in 50% van gevalle voorkom meer as 'n week voor of na 'n simptomatiese herhaling.Leone P (2005).  Besmette mense wat geen sigbare simptome het nie kan nog steeds afskilfer en virusse oordra deur middel van hul vel; asimptomatiese afskilfering verteenwoordig die mees algemene vorm van HSV-2-oordrag.Leone P (2005). Asimptomatiese afskilfering kom meer gereeld voor in die eerste 12 maande vandat HSV opgedoen is. Gelyktydige infeksie met MIV verhoog die frekwensie en duur van asimptomatiese afskilfering.Kim H, Meier A, Huang M, Kuntz S, Selke S, Celum C, Corey L, Wald A (2006).

Diagnose Primêre orale herpes word maklik identifiseer met 'n kliniese ondersoek van persone wat geen geskiedenis het van letsels of van kontak met 'n persoon met bevestigde HSV-1 infeksie. Die voorkoms en verspreiding van sere kom voor as  veelvuldige, ronde, oppervlakkige mondswere en gaan gepaard met akute gingivitis.Fatahzadeh M, Schwartz RA (2007). Dit is moeiliker om volwassenes te diagnoseer wat geen simptome vertoon nie. Wanneer daar nie letsels in die mond voorkom nie, word orale herpes dikwels verwar met impetigo wat 'n bakteriële infeksie is.

Genitale herpes kan moeiliker wees om te diagnoseer as orale herpes omdat die meeste mense met HSV-2-infeksie geen klassieke simptome vertoon nie.Fatahzadeh M, Schwartz RA (2007). Diagnose word verder bemoeilik omdat talle ander toestande ooreenkomste toon met genitale herpes: swaminfeksie, lichen planus, atopiese dermatitis en uretritis.Fatahzadeh M, Schwartz RA (2007). Laboratorium toetsing word dikwels gedoen om 'n diagnose van genitale herpes te bevestig.

Voorkoming duimnael|Beskerming soos kondome kan die risiko van herpes oordrag verminder. In byna alle seksueel oordraagbare infeksies is vroue meer vatbaar om genitale HSV-2 op te doen as mans.Carla K. Johnson (August 23, 2006).  Die gebruik van kondome is meer effektief om die oordrag vanaf mans na vroue te voorkom as andersom. Dit blyk dat vorige HSV-1 infeksie die risiko onder vroue drievoudig verlaag om 'n HSV-2 infeksie op te doen.Wald A, Langenberg AG, Krantz E, et al.Mertz, GJ; Benedetti J; Ashley R; Selke SA; Corey L. (1 February 1992).

Asimptomatiese draers van die HSV-2 virus is egter aansteeklik. In baie gevalle word persone eers bewus van hulle eie infeksie wanneer daar horisontale oordrag plaasvind na 'n seksmaat, of vertikale oordrag van neonatale herpes na pasgebore babas. Aangesien meeste asimptomatiese individue onbewus is van hul infeksie, word hul as 'n hoë risiko beskou in die verspreiding van HSV."Genital Herpes – CDC Fact Sheet".

In Oktober 2011 is aangemeld dat die  teen-MIV middel tenofovir, wat topikaal gebruik word in 'n antiseptiese vaginale jel, die seksuele oordrag van die herpes virus met 51% verlaag.McNeil DJ. http://www.nytimes.com/2011/10/21/health/research/21herpes.htmlTopical Tenofovir, a Microbicide Effective against HIV, Inhibits Herpes Simplex Virus-2 Replication.

Versperringsmetodes Kondome bied matige beskerming teen HSV-2 in beide mans en vroue, terwyl gereelde kondoomgebruikers 'n 30% verlaagde risiko het om HSV-2 op te doen in vergelyking met diegene wat nooit kondome gebruik nie.Emily T. Martin, MPH; Elizabeth Krantz, MS; Sami L. Gottlieb, MD, MSPH; Amalia S. Magaret; Andria Langenberg, MD; Lawrence Stanberry, MD; Mary Kamb, MD, MPH; Anna Wald, MD, MPH (2009). Die vroulike kondoom bied beter beskerming as die manlike kondoom aangesien dit die labia bedek."Putting Herpes in Perspective" . Die virus kan nie deur 'n sintetiese kondoom dring nie, maar die manlike kondoom se effektiwiteit is beperk"Condom Effectiveness – Male Latex Condoms and Sexually Transmitted Diseases". omdat herpes swere op areas voorkom wat nie deur die kondoom bedek word nie; weerhouding van seksuele aktiwiteit totdat die swere te volle genees het is 'n manier om die risiko van oordrag te beperk."STD Facts – Genital Herpes". In gevalle waar een persoon 'n herpes infeksie het en die ander persoon het nie, kan die gebruik van antivirale medisyne soos valaciclovir, tesame met 'n kondoom, die kanse verder verminder dat die gesonde persoon besmet word.Gupta R, Warren T, Wald A (December 2007). Daar word navorsing gedoen op topikale antiseptiese middels wat  chemikalieë bevat wat die virus direk inaktiveer en virale deurgang blokkeer.Gupta R, Warren T, Wald A (December 2007).

Antivirale middels Asimptomatiese genitale HSV-2 virale afskilfering vind na raming 20% van dae per jaar plaas in pasiente wat nie antiviralee behandeling ontvang nie; teenoor 10% van dae tewyl antivirale behandeling ondergaan  word. Antivirale middels verminder asimptomatiese afskilfering.Leone P (2005).

Hantering