Ken Barris (1952-) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer van boeke soos Life Underwater, What Kind of Child en The Jailer’s Book, asook die digbundel An Advertisement for Air. Hy is al met die M-Net-boekprys, die Ingrid Jonker- en die Thomas Pringleprys, die Vitatoekenning en die Universiteit van Johannesburg-prys bekroon.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Barris is in 1952 in Port Elizabeth gebore. Hy woon tans in Kaapstad en werk by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. Hy het drie kinders.

Publikasies Van sy werke sluit in: An advertisement for air, 1993, The Jailer's Book, 1996, African Easter, 2005, What Kind of Child, 2006, Life Underwater, 2012,

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1952