Die Suid-Afrikaanse Spoorweë Klas D is 'n 4-6-2T (Adriatic) tenklokomotief wat dateer uit die laaste jare van die negentiende eeu. Ses van hierdie lokomotiewe is in 1897 bestel by die firma Beyer, Peacock and Company deur die Pretoria-Pietersburg Spoorweg Maatskapij (PPS) vir gebruik op die Pretoria-Pietersburgspoorlyn. Vyf lokomotiewe is afgelewer voordat die Tweede Vryheidsoorlog uitgebreek het, maar 'n sesde een het op pad na Suid-Afrika verlore gegaan.Espitalier, T.J.; Day, W.A.J. (1944). The Locomotive in South Africa – A Brief History of Railway Development. Chapter V – Other Transvaal and O.F.S. Railways. South African Railways and Harbours Magazine, December 1944. pp. 925-926.
Die PPS het nie hul lokomotiewe volgens klasse geklassifiseer nie, maar volgens die lokomotief se massa. Dus is hierdie lokomotief as 'n 55-tonner geklassifiseer. Na die oorlog is hy as 'n "Klas D"-lokomotief deur die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR) geherklassifiseer.Klassifikasie van S.A.S. lokomotiewe met hernommerlyste, uitgereik deur die Kantoor van die Hoofmeganiese Ingenieur, Pretoria, Januarie 1912, pp. 7, 11, 13, 19 (Herdruk in April 1987 deur SATS-museum, R.3125-6/9/11-1000)
Toe die lokomotief deur die PPS bestel is, was dit een van die gevorderdste lokomotiewe in Suidelike Afrika.
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine