Iederies, of Iederies ibn Jard ibn Mahlail (Arabies: إدريس; Engels: Idris), was ’n antieke profeet wat in die Koran genoem word. Hy word beskou as die tweede Islamitiese profeet ná Adam en word in die Koran beskryf as "waarheidsliewend" en "geduldig",Koran, Soera 19:56 en Soera 21:85 en hy het ’n "hoë aansien" gekry.Koran, Soera 19:57Encyclopedia of Islam, "Idris", Juan Eduardo Campo, Infobase Publishing, 2009, bl. 344
As gevolg hiervan en ander ooreenkomste word Iederies tradisioneel verbind met die Bybelse Henog,Encyclopedia of Islam, Juan Eduardo Campo, Infobase Publishing, 2009, bl. 559 seun van Mahalalel, en daarom word hy in die vroeë geslagte van Adam geplaas. Dus is hy een van die Islam se oudste profete wat in die Koran genoem word, iewers tussen Adam en Noag.Encyclopedia of Islam, Juan Eduardo Campo, Infobase Publishing, 2009, bl. 344 Iederies se unieke status het baie latere tradisies en verhale oor hom in die Islam geïnspireer.
Volgens hadit het Mohammed hom op sy Nagreis in die vierde hemel teëgekom.Hadit: http://www.usc.edu/org/cmje/religious-texts/hadith/muslim/001-smt.php#001.0309 1:309, 1:314
Naam en familie Die betekenis van die naam Iederies word deur sommige beskou as "tolk".Encyclopedia of Islam, Infobase Publishing, 2009, bl. 344 Islam beskou die profeet se rol as vertolkend en mistiek. Latere Islamitiese bronne (uit die 8ste eeu) het begin vertel Iederies het twee name gehad: Iederies en Henog, en ander bronne het selfs vertel Iederies se regte naam is Henog en dat hy in Arabies Iederies genoem word "vanweë sy toewyding aan die bestudering van die heilige boeke van sy voorouers Adam en Set".
Iederies se vader was Jered en sy moeder Barkana. Sy vrou se naam was Aadana. Hy het ’n seun gehad met die naam Metusalag, wat eindelik die oupa van Noag sou wees. Dit beteken Iederies was Noag se oupagrootjie.
Koran Iederies word twee keer in die Koran genoem, waar hy beskryf word as ’n wyse man. In soera 19 sê God:
Later, in soera 21, word hy weer geprys:
Verwysings
Eksterne skakels Prophets - when & where 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bybelse mense in Islam Kategorie:Profete van Islam