Teresa Teng, Teng Li-Chun of Deng Lijun (29 Januarie 1953 – 8 Mei 1995) was 'n Taiwannese popsanger. Sy was bekend vir haar volksliedjies en romantiese ballades. Oor haar leeftyd het sy nie net liedjies in haar moedertaal (Mandaryns) opgeneem nie, maar ook in Taiwannees, Kantonees, Japannees, Indonesies en Engels.

Teng, 'n lewenslange asmalyer, is in 1995 aan 'n ernstige respiratoriese aanval op vakansie in Thailand oorlede. Sy was 42.

Eksterne skakels

Kategorie:Taiwannese akteurs Kategorie:Taiwannese musici Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Sterftes in 1995