Yāqub (volle naam Yāqub ibn Isḥāq ibn Ibrāhīm; Arabies: يَعْقُوب), ook bekend as Jakob, is ’n profeet van Islam wat in die Koran genoem word. Hy word erken as ’n patriarg wat dieselfde monoteïstiese geloof gepredik het as sy voorvaders: Ibrahim (Abraham), Ishaq (Isak) en Ismail (Ismael). Sy naam kom 16 keer in die Koran voor."Jacob", Encyclopaedia of Islam Vol. XI, bl. 254. In die meeste van dié gevalle word hy saam met ander Hebreeuse patriarge genoem as ’n vroom en antieke profeet wat deel van die "uitverkorenes" was.Koran, Soera 38:47

Lewe en erfenis duimnael|links|Die Grot van die Patriarge in Hebron, waar Jakob ook volgens tradisie begrawe is. Volgens Moslems was Jakob die seun van Isak en het hy deur sy hele lewe die eenheid van God gepredik. Soos in die Christen- en Jodedom, glo Islam Jakob het 12 seuns gehad wat elk die stamvader van die 12 stamme van Israel was.Concise Encyclopedia of Islam, C. Glasse, Children of Israel Jakob speel ’n aansienlike rol in die verhaal van Josef en daar word 25 keer na hom verwys.Koran, Soera 12 (Hoofstuk van Josef) Die Koran stel dit verder dat God ’n gelofte met Jakob aangegaan hetKoran, Soera 12:80 en God het hom ’n opregte leier gemaak.Koran, Soera 21:73

Jakob is baie spesiaal in die Islam omdat hy die erfenis van sy voorvaders voortgesit het. Die Koran verwys dikwels na hom as ’n man met mag en visie, en benadruk dit dat hy in die geselskap van die uitverkorenes was. Die Koran lui:

Voorvalle in die Bybel waar Jakob met ’n engel worstel, kom nie in die Koran voor nie en word deur Moslems verwerp. Hulle glo ook nie Jakob het Isak bedrieg deur hom te laat glo hy is sy tweelingbroer, Esau, nie (Genesis 27:22) omdat hulle hom as ’n regverdige profeet van God beskou en glo Isak moes geweet het Jakob is meer spesiaal as sy ander kinders. Die Koran noem ook nie Jakob se droom van die leer tussen die hemel en aarde nie (Genesis 28:11-19) en Moslems verwerp dit dus ook.

Jakob was saam met Abraham die vrugbaarste patriarg. Uit sy 12 seuns is baie ander groot profete gebore, onder andere Yunus (Jona), Dawud (Dawid), Sulayman (Solomo) en Isa (Jesus).

Moslems glo Jakob is in die Grot van die Patriarge begrawe (onder Moslems bekend as die Ibrahimi-moskee). Die terrein, in die antieke stad Hebron, is die tweede heiligste plek vir Jode (naas die Tempelberg in Jerusalem), en word ook hooggeag deur Christene. Volgens al drie gelowe is dit die plek waar drie Bybelse pare begrawe is: Abraham en Sara, Isak en Rebekka, en Jakob en Lea.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bybelse mense in Islam Kategorie:Profete van Islam