Mûsâ ibn AmramA History of Jewish-Muslim Relations: From the Origins to the Present Day (Arabies: ٰمُوسَى|), ook bekend as Moses, word beskou as ’n boodskapper, profeet en leier in die Islam en is die mens wat die meeste kere in die Koran genoem word.
Lewe en erfenis In die Islamitiese tradisie het Moses nie ’n nuwe godsdiens begin nie, maar die godsdiens van sy voorvaders voortgesit. Volgens die Koran is Moses deur Allah na die farao van Egipte en die Israeliete gestuur vir leiding en om hulle te waarsku. Sy lewe word die beste in die Koran beskryf as dié van enige ander figuur.Annabel Keeler, "Moses from a Muslim Perspective", in: Solomon, Norman; Harries, Richard; Winter, Tim (reds.), Abraham's children: Jews, Christians, and Muslims in conversation, T&T Clark Publ. (2005), bl. 55–66. Die Koran lui:
Moses die profeet word as ’n voorganger van Mohammed beskou. Sy lewe het parallel met dié van Mohammed verloop, aangesien daar baie ooreenkomste is. In Islamitiese geskrifte word die eksodus uit Egipte vergelyk met Mohammed se migrasie (hidjra) van Mekka na Medina.
Moses is ook belangrik in Islam omdat die Tora aan hom openbaar is, en dit word beskou as een van die ware geopenbaarde geskrifte – Moslems glo ’n groot deel van die Tora word in die Koran bevestig en herhaal. Volgens hulle is Moses ook een van die baie profete wat Mohammed tydens sy Nagreis deur die hemel ontmoet het.Sahih Muslim, 1:309 , 1:314 In die Islam word geglo Moses het Mohammed gevra om die getal gebede tot vyf te verminder, en dit word as die vyf verpligte gebede beskou.
Verwysings
Eksterne skakels Die Koran-verse oor Moses Gedetailleerde verhaal van Moses deur Ibn Kathir Moslems se beskouing van Moses
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bybelse mense in Islam Kategorie:Profete van Islam