regs|duimnael|Eunice Bosman Eunice Bosman is ’n Afrikaanse skrywer van jeugverhale en liefdesromans. Sy is op Prins Albert gebore as die dogter van ’n prokureur.Bosman, Eunice. Lewensskets. Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein
Lewe en werk Haar skooljare bring sy deur op Carnarvon, waar sy ook matrikuleer. Sy studeer verder aan die Konservatorium vir Musiek van die Universiteit van Stellenbosch in Sang en Voordragkuns.
Hierna aanvaar sy ’n betrekking in Pretoria, waar sy haar toekomstige eggenoot leer ken en aan die begin van 1945 trou. Sy word dan tuisteskepper wat haar toespits op haar skryfwerk. Teen die einde van 1952 besluit haar man om te gaan boer en hulle koop ’n sitrusplaas in die Sondagsriviervallei.
Skryfwerk Jeugverhale Haar eerste boek, die jeugverhaal Rykie, die maltrap, skryf sy op universiteit in Stellenbosch en hierdie boek word gepubliseer toe sy slegs negentien jaar oud is.
Twee reekse boeke vir dogters verskyn later uit haar pen, naamlik die Harmonie-reeks en die Jansie-reeks.
Sy skryf ook die toneelstuk vir dogters Eikenhof se spookvrou. Nadat hulle ’n spookstorie by hulle maat gehoor het, aanvaar twee vriendinne die uitdaging om middernag na die kunslokaal te gaan, waar dit glo spook. Hulle raak handgemeen met die spook, maar vind dan uit dat dit die skoolhoof is.
Liefdesverhale Later spits sy haar hoofsaaklik toe op die skryf van liefdesromans vir volwassenes.
In Immergroen (1956) erf die digter Nerina Naudé die sitrusplaas La Rhone in die Oostelike Provinsie van haar kinderlose oom Tobie. Almal is egter nie so gelukkig daaroor as sy nie en die plaasbestuurder Wynand de Vries is slegs een van hulle.
Waar paaie kruis (1964) vertel van die outokratiese Ursela van Dalen wat haar kasteelagtige huis, Hohensrühe, met ’n ysterhand regeer. Dit is veral haar kleindogter Heidi wat negatief geraak word deur haar optrede. Haar ouma ag niemand goed genoeg om met haar uit te gaan nie en het haar toekomstige lewensmaat jare gelede reeds uitgesoek. Hulle sal trou sodra albei oud genoeg is, maar dinge werk nie altyd uit soos iemand anders dit vir jou beplan nie.
Kortverhale Een van Eunice Bosman se kortverhale word opgeneem in die versamelbundel Lappe en die donkies.
Publikasies JaarPublikasies1941Rykie, die maltrap1952Eikenhof se spookvrou1953Dennegeur1954Onverwagte liefdeWilde bomeWit gewels1955Tweede lenteWaar die branders ruis1956Immergroen1957Gister se liefde1958Opstandige hart1960Anderkant die hoë heiningAnderkant die hoë heining1962Waar vier winde waaiWaar die wind snags ween1964Waar paaie kruis1970Huis teen die bergkantDie Harmonie-reeks:1946Die skool teen die heuwel1948Kop in een mus1951Lets en Bets op HarmonieHarmonie se ondeunde paarDie Jansie-reeks:1952Toe Jansie-hulle veertien was1954Weer Jansie-hulle1960Jansie word vyftien
Bronnelys
Boeke Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Bosman,_Eunice Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2005080140/
Ongepubliseerde dokumente Bosman, Eunice. Lewensskets. Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers