Hüd (Arabies: هود) was ’n Islamitiese profeet van antieke Arabië wat in die Koran genoem word. Die 11de soera van die Koran is na hom genoem, hoewel sy verhaal net ’n klein deel van die hoofstuk beslaan.
Geskiedenis Hüd word soms geïdentifiseer as Eber,A-Z of Prophets in Islam and Judaism, Brannon M. Wheeler, Hud ’n voorouer van die Israeliete wat in die Ou Testament genoem word, maar dit word betwis.
Hy was vermoedelik ’n onderdaan van ’n koninkryk wat na sy stigter genoem is: Aad (ʿĀd). Dié was ’n vierdegeslagafstammeling van Noag (sy pa was Us, die seun van Aram, wat die seun van Noag se seun Sem was).
Hoewel die Koran nie na die ligging van Aad verwys nie, word geglo dit was in die suidelike deel van die Arabiese Skiereiland, moontlik in Oos-Jemen en/of Wes-Oman. In die 1980's is ’n nedersetting ontdek wat vermoedelik Oebar is, wat in die Koran genoem word as Iram, die hoofstad van Aad.
Verhaal Hier volg ’n opsomming van die verhaal van Hüd, met die klem op twee spesifieke verse:
Die volk van Aad was baie ryk en magtig en hulle het talle geboue en monumente opgerig om dit te wys.Bou julle ’n monument op elke hoogte vir ydele vermaak? (Koran, Soera 26:128-129) Die volk het egter later arrogant geword – hulle het Allah verwerp en afgode begin aanbid.Stories of the Prophets, Ibn Kathir, Story of Hud
Hüd het egter as kind al tot God gebid. Sy ma was ’n vroom vrou wat groot visioene met haar seun se geboorte gehad het, en sy was die enigste mens wat Hüd se aanbidding van God aangespoor het. God het hom dus opgeroep om ’n profeet vir die Aad-volk te wees. Die mense van Aad het Hüd egter gespot toe hy vir hulle vertel om een God te aanbid en boete te doen vir hul sondes van die verlede. Die Koran stel dit so:
Hüd het ’n lang ruk vir die mense van Aad gepreek. Die meeste wou egter nie luister nie en hulle het hom aanhou ignoreer en spot. Nadat hul aggressie, arrogansie en afgodery toegeneem het en God hulle talle kere gewaarsku het, het Hy ’n donderstorm gestuur om klaar te speel met die bose mense van Aad. Die verwoesting van Aad word in die Koran beskryf:
In ander gelowe In die Judaïsme en Christendom word Hüd nie as ’n profeet vereer nie en hy kom glad nie in die Bybel voor nie. Daar is egter verskeie verwysings van voor die Koran na individue wat Hüd genoem word of name het wat aan Hüd verbind word, soos "Abihud", ’n kleinseun van Benjamin (1 Kronieke 8:3), sowel as verwysings na die volk van Aad.
Verwysings
Eksterne skakels Die Verhaal van Hüd 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Profete van Islam