Die Marmer-valkvis (Cirrhitus pinnulatus) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Marbled hawkfish.
Identifikasie Die vis word tot 28 cm lank en is die grootste spesie van die valkvisse. Sy lyf is groenbruin met drie rye wit kolletjies en verskeie kleiner, donkerbruin kolletjies op die sye. Die onderkant is wit. Hierdie vis leef in beskermde rotskusareas en vlak riwwe waar daar strominge in water wat 1 tot 5 m diep is. Hulle is alleenlopers, ietwat sku en vreet klein vissies en ongewerweldes.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Cirrhitus-pinnulatus.html
Kategorie:Beenvisse