duimnael 'n USB-flitsdryf ( USB flash drive), ook bekend as 'n USB-stokkie of USB-sleutel en 'n verskeidenheid ander name, is 'n elektroniese datastoortoestel wat flitsgeheue met 'n geïntegreerde USB-koppelvlak kombineer. USB-flitsdrywe is tipies verwisselbaar en herskryfbaar, en is fisies baie kleiner as 'n optiese skyf. Die meeste weeg minder as 30 gram.Frequently Asked Questions About USB Flash Drives . In 2013 is 'n een-teragreep (TB) onthul by die Consumer Electronics Show. Stoorvermoëns so groot as 2 TB word beplan, met bestendige verbeterings in grootte en prys per kapasiteit wat verwag word. 'n Paar soorte laat tot 100,000 skryf/uitwissiklusse toe, afhangende van die presiese aard van die geheuevlokkie wat gebruik word, en het 'n 10-jaar rakleeftyd.AboutCom-Swivel-Pro-Flash "Imation Swivel Pro Flash Drive" , About.com, 2008USB flash drives allow reading, writing, and erasing of data, with some allowing 1 billion write/erase cycles in each cell of memory: if there were 100 uses per day, 1 billion cycles could span 10,000 days or over 27 years.
USB-flitsgeheue word dikwels gebruik vir dieselfde doeleindes as waarvoor diskette of CD's eens gebruik is, d.w.s. vir datastoor, rugsteun en die oordrag van rekenaarlêers. Hulle is kleiner, vinniger, het duisende kere meer kapasiteit en is meer duursaam en betroubaar, want hulle het geen bewegende dele nie. Daarbenewens, is hulle bestand teen elektromagnetiese interferensie (in teenstelling met diskette), en bly ongedeerd indien die oppervlak gekrap word (in teenstelling met CD's). Tot ongeveer 2005, was die meeste lessenaar- en skootrekenaars met slapskyfdrywe verskaf, bykomend tot die USB-poorte, maar dit het in onbruik verval na die wydverspreide aanvaarding van USB-poorte en die groter USB-dryfkapasiteit in vergelyking met die 1.44 MB 3,5-duim slapskyf. 260px Uitleg van 'n tipiese USB-flitsdryf1USB Standaard-A, manlike prop2USB massastoortoestelkontroleerder3Toetspunt4Flitsgeheuevlokkie5Kristalossillator6LED (Opsioneel)7Skryf-beskermerskakelaar (Opsioneel)8Ruimte vir die tweede flitsgeheuevlokkie
USB-flitsdrywe gebruik die USB-massastoortoestel-klasstandaard, grondliggend ondersteun deur moderne bedryfstelsels soos Windows, Linux, OS X en ander Unix-agtige stelsels, sowel as baie BIOS boot ROMs. 'n USB-flitsdryf met USB 2.0-ondersteuning kan meer data stoor, en die oordrag is vinniger, as veel groter optiese skyfdrywe soos 'n CD-RW of DVD-RW dryf. Dit kan gelees word deur baie ander stelsels soos die Xbox 360, PlayStation 3, DVD-spelers, die karvermaakstelsels, en in 'n aantal draagbare toestelle soos slimfone en tabletrekenaars, alhoewel die elektronies-soortgelyke SD-kaarte beter geskik is vir hierdie toestelle.
'n Flitsdryf bestaan uit 'n klein gedrukte stroombaan wat die stroombaanelemente en 'n USB-hegstuk huisves, elektries geïsoleer en beskerm binne 'n plastiek, metaal, of rubberdoppie wat in jou sak of aan 'n sleutelketting gedra kan word. Die USB-hegstuk kan beskerm word deur 'n verwyderbare kappie of deur die terugtrek in die lyf van die dryf in, maar dit is nie geneig om beskadig te word as onbeskermd is nie.
USB-flitsdrywe verkry hul krag van die rekenaar via die USB-verbinding. Sommige toestelle kombineer die funksies van 'n draagbare media-speler met 'n USB-flitsstoor; hulle benodig slegs 'n battery wanneer dit gebruik word om musiek te speel op die pad.
Ontwerp Die ontwikkeling van hoë-spoed serie-datakoppelvlakke soos USB maak halfgeleier-geheuestelsels lewensvatbaar, en die gelyktydige ontwikkeling van klein, hoë-spoed, lae-krag mikroverwerkerstelsels het bygedra dat dit in uiters kompakte stelsels ingebou kon word. Serie-toegang vereis baie minder elektriese verbindings vir die geheuevlokkies as met parallelle toegang, wat die vervaardiging van multi-gigagreep-drywe vereenvoudig het.
Rekenaars verkry hul toegang tot flitsgeheuestelsels soortgelyk aan die hardeskyfdryf, terwyl die kontroleerderstelsel steeds volle beheer behou oor waar die inligting eintlik gestoor word. Die werklike EEPROM-skryf en -uitwissingprosesse is egter nog steeds baie oudmodies.
Baie lae-koste MP3-spelers voeg eenvoudig ekstra sagteware en 'n battery by 'n standaardflitsgeheue mikroverwerker/beheerder, sodat dit ook kan dien as 'n musiekspeler-dekodeerder. Die meeste van hierdie spelers kan ook gebruik word as 'n konvensionele flitsdryf vir die stoor van enige soort lêers.
Verwysings
Kategorie:Elektroniese datageheue