duimnael|links|220px|Michelle Obama, tussen 2009 en 2017 Eerste Dame van die Verenigde State, het vir 'n portretfoto tydens haar eerste ampstermyn 'n tabberd gedra wat deur Michael Kors ontwerp is Michael Kors (gebore as Karl Anderson, Jr.; * 9 Augustus 1959) is 'n Amerikaanse modeontwerper wat in New York werksaam is. Kors dien as die ere-voorsitter en hoof kreatiewe beampte vir sy modeonderneming Michael Kors Holdings Limited wat in 1981 gestig is en waarvan die aandele op die New Yorkse effektebeurs genoteer word.

Kors se twee mode-etikette (Michael Kors Collection en MICHAEL Michael Kors) spits hom op prêt-à-porter-sportmode vir dames en here, bybehore, juweliersware, horlosies, skoene en parfuums toe. Kors het daarnaas tussen 1997 en 2003 as die Franse modehuis Céline se eerste ontwerper vir prêt-à-porter-damesklere gedien.

Michael Kors se eie of konsessie-modewinkels is in die belangrikste metropole en welvarendste nedersettings op aarde gevestig, waaronder New York, Beverly Hills, Chicago, Londen, Milaan, Parys, München, Istanboel, Doebai, Seoel, Tokio, Hongkong, Shanghai en Rio de Janeiro.michaelkors.com: About Michael Kors. Besoek op 6 Mei 2018

Verwysings

Kategorie:Modeontwerpers Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense