Die Pakistanse Lugmag (PAF) (Oerdoe: پاک فِضائیہ—, Pāk Fizāʾiyah, [pɑːk fɪzɑːɪjəɦ], verslagdoeningsnaam: PAF), is die lugoorlogvoeringstak van die Pakistanse Gewapende Magte, wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die lugverdediging van Pakistan met 'n sekondêre rol van die verskaffing van lugondersteuning aan die Pakistanse Leër en die Pakistanse Vloot.
Die PAF het ook 'n tersiêre rol in die verskaffing van strategiese lugvervoer en logistieke vermoë aan Pakistan. Die PAF het ongeveer 65 000 voltydse personeel (insluitende ongeveer 3 000 vlieëniers) in diens en bedryf tans 1032 vliegtuie.Flightglobal - World Air Forces 2015 (PDF), Flightglobal.com
Sy primêre mandaat en missie is "om voorsiening te maak, in sinergie met ander inter-dienste, vir die mees doeltreffende, versekerde en koste-effektiewe lugverdediging van Pakistan." Sedert sy stigting in 1947 is die PAF betrokke by verskeie gevegsbedrywighede, die verskaffing van lugondersteuning aan die interdienste se bedrywighede asook humanitêre hulpverlening. Volgens Artikel 243 van die Grondwet van Pakistan is die President van Pakistan die burgerlike bevelvoerder-in-beheer. Die Hoof van Lugpersoneel, volgens wet 'n viersterlugoffisier, word deur die President aangestel ná die nodige konsultasie en bevestiging van die Eerste Minister van Pakistan.
Huidige lugvaartuie
VliegtuigOorsprongTipeSoortIn diensNotas VegvliegtuieMirage IIIFrankryk Aanval / vegvliegtuig IIIEP/OF/RP87waarvan 18 IIIBE/D/DP variante opleiding verskafDassault Mirage 5Frankryk Aanval / vegvliegtuigDassault Mirage 5, 5EF/F/PA92waarvan 2 5DPA2-variante opleiding verskaf JF-17 Thunder China / Pakistan Multi-rol/vegvliegtuig1073 op bestelling F-16 Fighting Falcon Verenigde State Multi-rol General Dynamics F-16 Fighting Falcon variant F-16A/C 76waarvan 31 General Dynamics F-16 variante F-16A/B en F-16C/D, opleiding verskaf Chengdu J-7 ChinaNaby lugsteun / OnderskepperChengdu J-7 variante J/F-7PG reeks 135 Vroeë waarskuwing en lugbeheer (AWACS) Saab 2000 Swede AEW&C4voorsien van die Erieye radar Shaanxi Y-8 China AEW&CShaanxi Y-8 variant ZDK-034 Elektroniese oorlogvoering Dassault Falcon 20 Frankryk Radarstoring en misleiding 2 Lug brandstofvoorsiening Ilyushin Il-78 Rusland In lug branstofvoorsiening Ilyushin Il-78MP4 Militêre vervoervliegtuieC-130 HerculesVerenigde StateTaktiese vervoerC-130B/E/Lockheed L-100 Hercules 16 Saab 2000 Swede Vervoer6 CASA CN-235Spanje / Indonesië Vervoer 3 Harbin Y-12 China Nuts3 HelikoptersBell AH-1 Cobra Verenigde StateAanvalBell Cobra AH-1F1AgustaWestland AW139ItaliëSoek en redding en nutshelikopter12Aérospatiale Alouette III Frankryk Nuts10Bell UH-1 Iroquois Verenigde State Nuts 5Bell 412Verenigde State Nuts1 Mil Mi-17 RuslandMilitêre vervoerMil Mi-17/1716Aérospatiale SA 330 PumaFranceVervoer1 Opleiding vliegtuieSuper MushshakPakistan Opleiding120 Hongdu JL-8 China Spuitvliegtuig opleidingK-8/K-8P 38 Cessna T-37 TweetVerenigde State Opleiding 30 Shenyang J-6 China Opleiding FT-6 9 lisensie vervaardigde weergawe van die MiG-19 Chengdu J-7 China OpleidingFT-7 7Aérospatiale Alouette III FrankrykHelikopter opleiding8 Onbemande vliegtuie NESCOM Burraq Pakistan Grondaanval en verkenning 12Pakistan to begin co-production of Falco UAV. Flightglobal. (26 Augustus 2009). Besoek op 1 Julie 2012. CASC Rainbow CH-4 China Grondaanval en verkenning 4. globalpost.com. SATUMA Jasoos II Pakistan Waarneming SATUMA Jasoos Bravo+ 45Tactical Range UAV – Jasoos II (Bravo+) . Satuma.com.pk. Besoek op 1 Julie 2012. GIDS Shahpar Pakistan Waarneming 5 SELEX Galileo Falco ItaliëWaarneming 25 saamvervaardig by die Pakistan Aeronautical Complex
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Lugmagte Kategorie:Pakistan