Daniel Barenboim (gebore 15 November 1942) is ’n pianis en orkesdirigent wat in Argentinië gebore is en in verskeie lande orkeste gedirigeer het. Hy is 'n burger van Argentinië, Israel, Spanje en die Staat Palestina. Sy eerste vrou was die beroemde tjellis Jacqueline du Pré.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Barenboim (wat "peerboom" in Jiddisj beteken)"Maestro with the magic touch" in The Independent, Friday 29 Jan 2010, Artsfilmusic section bl. 4 is in Buenos Aires gebore, sy grootouers was Russiese Asjkenasiese Jode. Hy word aanvanklik as 'n pianis bekend, maar hy het daarna sy merk as dirigent gemaak. Hy is veral belangrik vir sy werk met die Wes-Oos Divan-orkes, wat jong Arabiese en Israeliese musikante opgelei. Hy het dikwels die onwettige Israeliese nedersettings op Palestynse grond gekritiseer. In 2001 was talle Israelies ontstoke toe hy die werk van Richard Wagner opvoer. Wagner se musiek is sedert 1938 nie in Israel opgevoer nie, omdat hy anti-Joods en ook Adolf Hitler se gunsteling komponis was.
Verwysings
Eksterne skakels
Daniel Barenboim se amptelike webtuiste
Kategorie:Argentynse dirigente Kategorie:Argentynse Jode Kategorie:Argentynse pianiste Kategorie:Israelse dirigente Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse pianiste Kategorie:Spaanse dirigente Kategorie:Spaanse Jode Kategorie:Spaanse pianiste Kategorie:Palestyne Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Lewende mense