Hélène Kesting (1928 - ) is ’n Afrikaanse joernalis en digter.

Lewe en werk Louisa Hélène Kesting is in 1928 op Pearston gebore, waar sy ook groot word. Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy ’n B.A.-graad behaal. Haar eerste werk is as vertaler in die reklame-afdeling van ’n groot maatskappy. Van 1958 tot 1961 is sy redaktrise van ’n kwartaallikse vrouetydskrif, Sjarme, vir wie Ingrid Jonker by geleentheid modelwerk doen. Daarna is sy ’n jaar lank vroueredaktrise van Landbouweekblad. In 1962 trou sy met Deon Kesting en hulle spandeer twee jaar in Toronto in Kanada, waar haar man by die universiteitsbiblioteek van Toronto werk. In Kanada ontwikkel sy ’n besondere belangstelling in haikoes. Einde 1964 keer hulle na Suid-Afrika terug. Sy werk vir ’n rukkie by ’n taallaboratorium in Muizenberg, waarna hulle na Port Elizabeth verhuis en sy aktief betrokke raak by die nuwe universiteit (waar haar man werk) en sy gereeld praatjies hou en onthaal. Hier bly hulle tot 1971 en verhuis dan na Pretoria. In 1977 trek hulle na Kaapstad, waar haar man professor in Biblioteekkunde is aan die Universiteit van Kaapstad en hulle in St. James woon. Na aftrede verhuis hulle weer na Port Elizabeth.

Skryfwerk Van haar artikels en gedigte verskyn in Standpunte, Tydskrif vir Letterkunde en Contrast. In 1975 debuteer sy met die digbundel “Skip na die son”.Brink, André P. “Rapport” 12 Oktober 1975 Die titel omvat die oorheersende tematiek van die lewe as onvoltooide reis na die verblindende skoonheid van die liefde, maar dan in ’n kwesbare vaartuig soos ’n skip.Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 16 no. 2, Junie 1976 Veral treffend is die vermensliking van die natuur in sommige beelde, sodat dit ’n meer mistieke, kosmiese aard aanneem.Johl, Johann “Standpunte” Nuwe reeks 125 Oktober 1976 Die liefdesverse wentel vanaf ekstase tot twyfel. Die hoogtepunt in die bundel is “Charade… (Drie verse)” waarin die versamelplekke van mense met lewensvreugde afgespeel word teen die vervelende werklikheid.Van Heerden, Ernst “Beeld” 29 September 1975 Die bundel bevat ook ’n afdeling met tradisionele haikoe-verse, wat soms daarin slaag om ’n verwantskap tussen disparate dinge te impliseer. Hierdie bundel word onder andere vir tweedejaar studente aan die Universiteit van die Witwatersrand voorgeskryf. Later publiseer sy saam met haar man ’n hele bundel haikoes, “Klein akkoord”,Brink, André P. “Rapport” 9 Maart 1980 waarvoor sy ’n insiggewende inleiding skryf oor hierdie veeleisende en suggestiewe digvorm van slegs sewentien lettergrepe.Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 20 no. 2, Junie 1980 In hierdie bundel slaag sy soms daarin om die suggestie wat eie is aan hierdie digsoort raak te vat, asook om sekere begrippe fraai en raak te verwoord.

Sy skryf ook twee albums van mistieke gedigte in Engels, wat sy “Triumph of the stars” en “Atom of love” noem, laasgenoemde in 2001 gepubliseer deur Hemel-en-See Boeke. Haar gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende “Groot verseboek”, “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”, “Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte” en “Voorspraak” en haar haikoes word selfs in Nederland in ’n versamelbundel van Dietse gedigte opgeneem. Arthur Wegelin toonset sommige van haar gedigte. In 2020 word haar gedig ‘Vinjet’ in Vers en vrou opgeneem. De Wet, K. (samest.) Vers & vrou. Kaapstad: Human & Rousseau. 2020

Sy skryf ook kortverhale en “Twee-twee in die tabaksakkie” word in Februarie 1970 in Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer.

Publikasie 1975 - Skip na die son 1979 - Klein akkoord (saam met Deon Kesting) 2001 - Atom of love

 Bronnelys

Boeke Askes, H. en Landman, J.N. (samestellers) “Voorspraak” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe Tiende druk 1994 Cloete, T.T. (red.) “Die Afrikaanse literatuur sedert sestig” Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980 Grové, A.P. “Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans” Nasou Beperk Vyfde uitgawe eerste druk 1988 Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria eerste uitgawe 2005 Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria eerste uitgawe    1999

Tydskrifte en koerante Anoniem “Digteres vereer in buiteland” “Die Oosterlig” 20 November 1981 Cloete, Sarie “Egpaar dig saam in Japanse digvorm” “Die Burger” 14 Junie 1979

Internet Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AKesting%2C+Helene.&qt=hot_author

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Suid-Afrikaanse digters Kategorie:Geboortes in 1928