Analise Carstens is ’n Afrikaanse digter en skrywer.

Lewe en werk Anna Elizabeth Carstens word op die familieplaas in die Piketberg distrik gebore. Sy matrikuleer aan die Hugenote Hoërskool op Wellington en studeer dan verder aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy ’n B.A.-graad verwerf met Afrikaans-Nederlands en Duits as hoofvakke. D.J. Opperman is hier een van haar dosente. Sy behaal ook ’n Sekondêre Onderwysdiploma. Hierna begin sy onderwys gee, onder andere by die Drakensberg Seunskoor, waar sy regisseur is van verskeie musiekuitvoerings en toneelopvoerings. Sy tree dan in diens van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en skryf onder andere handleidings tot voorgeskrewe werke vir die onderrig van Afrikaans as tweede taal.

Haar debuutbundel “Skanse”Albrecht, Sybelle “Die Vaderland” 28 Oktober 1982; Brink, André P. “Rapport” 8 Augustus 1982Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 23 no. 4, Desember 1983 bevat meestal sentimentele gedigte oor private gevoelens,Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 21 no. 3, Augustus 1983 die liefde en die lag en die lekker van die lewe.Brink, André P. “Standpunte” Nuwe reeks 161, Oktober 1982; H.P. “Die Burger” 25 November 1982 “Om te onthou” is nog ’n digbundel en sommige van die gedigte in hierdie bundel word getoonset. “Djy’s bakgat afgepleiste”Hambidge, Joan “Die Burger” 20 Desember 2000: http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/03/analise-carstens-djys-bakgat.html is nog ’n digbundel, hierdie keer met versies in Kaaps geskryf. Haar gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, waaronder die gedig “Naweek in die Goudstad” in “Goudaar” onder redaksie van Fanie Olivier. Gerrit Komrij neem ook van haar gedigte op in “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”.

“Sonseisoene in die Drakensberge” is ’n outobiografiese liefdesverhaal en “Die waarheid oor gister: vertellings” is ’n kortverhaalbundel. “Ik ween om bloemen” is haar outobiografie. Sy skryf ook “Dagjuweeltjies vir die jaar”, ’n Christelike oordenkingsboek, en ’n boek oor “Grondbeginsels van Duitse grammatika”.

Publikasies JaarPublikasie1982Skanse2000Om te onthouDjy’s bakgat afgepleisteSonseisoene in die Drakensberge2013Ik ween om bloemenDie waarheid oor gister: vertellingsDagjuweeltjies vir die jaarGrondbeginsels van Duitse grammatika

Bronnelys

Boeke Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria; Eerste uitgawe 2005 Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria; Eerste uitgawe 1999

Tydskrifte en koerante Frantz, Illana “Sewe boeke sien die lig” “Distrikspos” 29 Augustus 2013 Hambidge, Joan “Sy wen al drie pryse vir vrot skryf” “Beeld” 20 Maart 2001

Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Carstens,_Analise Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/carstens.html

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse digters Kategorie:Afrikaanse skrywers