Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Fula (volk).
Fula, Fulani of Fulfulde (Fulfulde, Pulaar, Pular) is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 30 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Fula-volk gepraat en is ná Arabies, Frans, Engels, Swahili en Hausa die belangrikste taal in Afrika.
duimnael|links|Verspreiding van Fula in Niger Fula is 'n handelstaal in Wes-Afrika en word deur miljoene se mense óf as moedertaal óf as tweede taal gebesig. Fula is die naaste verwant aan Serer en Wolof. Afhangende van die gebied word Fula met óf die Arabiese óf die Latynse alfabet geskryf. Die bekendste woord is waarskynlik Burkinabé, die demoniem vir Burkina Faso se bevolking, wat "mans of vrouens" beteken.
Fulfulde is die belangrikste van die Atlantiese tale en word in die Sahel-streek in lande soos Benin, Burkina Faso, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Mali, Mauritanië, Niger, Nigerië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Togo en Tsjad gepraat.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Niger-Kongo-tale Kategorie:Tale van Benin Kategorie:Tale van Burkina Faso Kategorie:Tale van Gambië Kategorie:Tale van Ghana Kategorie:Tale van Guinee-Bissau Kategorie:Tale van Guinee Kategorie:Tale van Ivoorkus Kategorie:Tale van Kameroen Kategorie:Tale van Mali Kategorie:Tale van Mauritanië Kategorie:Tale van Niger Kategorie:Tale van Nigerië Kategorie:Tale van Senegal Kategorie:Tale van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Tale van Sierra Leone Kategorie:Tale van Soedan Kategorie:Tale van Togo Kategorie:Tale van Tsjad