Roswitha Schutte (*1935 - 2018 ) is ’n letterkundige wat in Amsterdam in Nederland gepromoveer het en daarna dosent in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika geword het. Sy het vakkundige werke onder beide haar nooiensvan, Roswitha Geggus, en haar getroude van, Roswitha Schutte, geskryf.
Lewe en werk Roswitha Geggus kom as jong dogter in 1937 saam met haar ouers vanaf Duitsland na Suidwes-Afrika, waar sy grootword. Sy studeer aan die Universiteit van Kaapstad onder D.J. Opperman, waarna sy nagraads verder studeer in Nederland en in 1961 in Amsterdam promoveer met ’n proefskrif oor en in 1961 in Amsterdam promoveer met ’n proefskrif oor “Die wit in die poësie: ’n ondersoek na die funksionaliteit van die wit in die visuele aanbod van hedendaagse poësie”. Dit is sover bekend die eerste ondersoek na hierdie aspek, wat te veel as vanselfsprekend aanvaar word. Hierdie proefskrif word later gepubliseer en word ook in Nederlands vertaal.Cloete, T.T. “Oor ‘Die wit in die poësie’ van R. Geggus” “Standpunte” 40-41, April-Junie1962 Hierna word sy letterkunde dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria. Sy is in 1969 in die brandpunt wanneer sy in ’n artikel in Standpunte van Junie 1969 (“Moderne Sweedse poësie in Afrikaans”) bewys dat D.P.M. Botes in van sy gedigte in sy bundel “Klein grys telegramme van die wêreld” plagiaat gepleeg het met gedigte van die Sweedse digters Sandro Key-Aberg en die latere Nobelpryswenner Tomas Tranströmer. By geleentheid tree sy op as beoordelaar by die toekenning van letterkundige pryse, waaronder die Rapport-prys vir 1987.
Skryfwerk Die wit in die poësie is ’n publikasie van haar proefskrif.Antonissen, Rob “Spitsberaad” Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966 Sy skryf ook ’n monografie oor die lewe en werk van Toon van den Heever. Sy publiseer vakkundige artikels in beide haar nooiensnaam en getroude naam.
Publikasies JaarTitel van publikasie1961Die wit in die poësie1966Toon van den Heever
Verwysings
Boeke Antonissen, Rob “Spitsberaad” Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966 Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969
Ander verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1935