W.A. Willemse (13 Mei 1904, Warden - 6 Maart 1945, Pretoria) was ’n sielkundige en hoogleraar in Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die vader van Marike de Klerk, gewese vrou van president F.W. de Klerk, en skrywer van etlike fiksie en vakkundige boeke. Hy skryf ook fiksie onder die skuilnaam H.D.A. Terblanche.
Lewe en werk Wilhelmus Antonius Willemse is op 13 Mei 1904 op Warden geboreGeboortedatum soos aangedui in P.J. Nienaber se “Hier is ons skrywers!” Die Geni-webwerf (https://www.geni.com/people/Wilhelmus-AntonIus-Willemse/6000000032949484702) dui die geboortedatum aan as 3 Mei 1904. Die Universiteit van Pretoria se biblioteek lys die universiteit se publikasie van ’n gedenkbundel oor professor Willemse waarop die geboortedatum ook as 13 Mei 1904 aangedui word (sien hieroor die Worldcat-webwerf: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AWillemse%2C+Wilhelmus+Antonius.&qt=hot_author) as die seun van Pieter Willemse en Johanna Adriana Weyers.Geni-webwerf: https://www.geni.com/people/Wilhelmus-AntonIus-Willemse/6000000032949484702 Sy hoërskoolopleiding ontvang hy op Fouriesburg en hy werk daarna ’n rukkie as bankklerk.Lewensbesonderhede soos in ongepubliseerde biografiese skets in NALN se besit en in P.J. Nienaber se “Hier is ons skrywers!” Intussen studeer hy deeltyds en verwerf die B.A.-graad met lof aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hierna studeer hy voltyds aan die Universiteit van Pretoria, waar hy sy M.A.-graad in Sielkunde behaal. Hy vertrek oorsee en studeer verder aan die universiteite van Leipzig, Berlyn en Bonn in Duitsland. Aan die Universiteit van Bonn promoveer hy as doktor in Sielkunde, terwyl hy tydens sy verlof in Duitsland ook onder die wêreldbekende sielkundige professor Kretschmer studeer. Hy behaal later ’n verdere doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria en word veral bekend vir sy navorsingswerk in sosiaal patologie en psigopatologie, wat hom plaaslik bekend maak as sielkundige.
In 1933 word hy aangestel as junior lektor in die Departement Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria, in 1934 as senior lektor, in 1937 as professor en in 1938 as hoogleraar. Hy lewer sy intreerede as professor op 22 September 1937 onder die titel “Die psigologie en maatskaplike afwykinge”. Kriminologie interesseer hom en hy doen hiervoor baie navorsing in gevangenisse. Hy is meer as een keer getroud, maar sy huwelikslewe is telkens ongelukkig. Uit sy huwelik met Susanna Elizabeth Heyns word die seun Wilhelm Anton en die dogter Marike gebore, laasgenoemde wat later bekendheid sou verwerf as die vrou van president F.W. de Klerk.Geni-webwerf: https://www.geni.com/people/Marike-Willemse/6000000003825032846 Vir ’n ruk is hy getroud met Flora Mathey (later Flora Strachan), wat onder andere bevriend was met Elisabeth Eybers.Vergelyk voetnota op bl. 373 van D.J. Opperman se “Digters van Dertig”. In 1942 trou hy met Maryna Claudina Snel, wat as Rina Snel-Willemse verskeie romans skryf. Hy is op 6 Maart 1945 in Pretoria oorlede, nadat ’n motor bestuur deur een van sy studente hom per ongeluk in Pretoria raakry.
Skryfwerk duimnael|regs|200px|Willem Willemse en sy dogter, Marike de Klerk, se graf in die Pretoria-Wes-begraafplaas.
Hy skryf wetenskaplike werke oor Sielkunde, asook populêr-wetenskaplike werke oor die onderwerp. “Constitution-types in delinquency: practical applications and bio-physiological foundations of Kretschmer's types” is ’n publikasie van sy doktorale proefskrif. Saam met C.I. Rademeyer is hy verantwoordelik vir die handboek oor “Kriminologie”, terwyl hy ook ander boeke soos “Die sorg vir ons kinders en jeugdiges”, “Die lief en leed van ons geslagslewe” en “My eie kind” laat publiseer. Saam met Rita Graf van Eewyk skryf hy “Mislukte lewens” en saam met A.S. Roux “Mense wat drink: sielkundig ontleed” in die Lewenskuns-biblioteekreeks.
Hy skryf ook talle fiksiewerke. “Die blonde skaduwees van Rhynland” is ’n digbundel en “Dwaalweë” is ’n roman oor die verhouding tussen twee mense. Die roman “Die vrouens van Aasvoëlhoek” word postuum gepubliseer. Per geleentheid maak hy gebruik van die skuilnaam H.D.A. Terblanche en die roman “Langs donker denne” word onder hierdie naam gepubliseer.
Publikasieshttp://www.worldcat.org/search?q=au%3AWillemse%2C+Wilhelmus+Antonius.&qt=hot_author
Fiksie JaarTitel van publikasie1936Die blonde skaduwees van Rhynland1942Agter hoë mure1944Langs donker denne (H.D.A. Terblanche) Dwaalweë1947Die vrouens van Aasvoëlhoek
Nie-fiksie JaarTitel van publikasie1932Constitution-types in deliquency1933Kriminologie (Saam met C.I. Rademeyer)1937Die psigologie en maatskaplike afwykinge1938The road to the reformatory1940Die sorg vir ons kinders en jeugdiges1942Die lief en leed van ons geslagslewe My eie kind1944Mislukte lewens (saam met Rita Graf van Eewyk)1945Mense wat drink: sielkundig ontleed (saam met A.S. Roux)
Bronne
Boeke Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 Nienaber, P.J. “Hier is ons skrywers!” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. “Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde”Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 Opperman, D.J. “Digters van Dertig” Nasou Beperk Kaapstad Eerste druk 1953
Ongepubliseerde dokumente Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein “Willemse, prof. dr. Wilhelmus Antonius: Biografie”
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici Kategorie:Suid-Afrikaanse sielkundiges Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1904 Kategorie:Sterftes in 1945