Ram Barkai (geb. 22 Oktober 1957) is ’n Suid-Afrikaanse oopwaterswemmer, bekend vir sy bykans bomenslike vermoë om lang afstande in yswater te swem, byvoorbeeld in die Antarktika en in Siberië, gewoonlik met net ’n speedo, swempet en -bril.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hy word deur sommige as die taaiste swemmer ter wêreld beskou, wat nie skroom om die ysige water van Switserland of die haai-besmette water van Suid-Afrika aan te durf nie.

Barkai is in Israel gebore en emigreer in 1966 na Suid-Afrika, waar hy aan oopwaterswem blootgestel is. Hy hou talle wêreldrekords en het in verskeie TV-programme verskyn, insluitend die dokumentêr Stan Lee's Superhumans. Hy is ook die stigter van die Internasionale Ys-swem Assosiasie.

Barkai het nege jaar in die Israeliese Weermag gedien. Van 2005 tot 2012 was hy die hoof uitvoerende beampte en 'n direkteur van die maatskappy Cadiz Holdings Limited. Hy woon tans in Kaapstad en het vier kinders.

Plekke geswem Barkai het al reg oor die wêreld geswem, insluitend: Na Robbeneiland – 17 keer. Kanaal van Rottnest-eiland – naakte solo-kategorie. Om Kaappunt – saam met Andrew Chin, eerste mense om dit te doen. Om die Kaapse Skiereiland – 100 km aflos. Oor die Meer van Tiberias – 10 km breed, 22 km lank. Antarktika – 1 km teen 1°C by 70 grade suid – 'n Guinness-wêreldrekord (2008). Meer van Zürich – 2,3 km teen 4°C. Deel van span van 6 wat die lengte van die Oranjerivier geswem het (2000 km). Om Pennock-eiland, Alaska – 14 km. Straat van Magellaan en deel van 'n span van 5 Suid-Afrikaners wat die eerste keer ooit om Kaap Hoorn geswem het. Tjoemen, Siberië – 1 km teen 0°C en 1.5 km teen 0°C, lugtemperatuur -33°C. Moermansk, Rusland – 1 myl teen 0°C. Deel van 'n internasionale aflosspan wat oor twee breedtes van die Beringstraat geswem het – 134 km, water 2°C-8°C. Neko-hawe, Antarktika – 1.2 km in water van -1°C.

Verwysings

Eksterne skakels IISA se webtuiste Ram praat oor die Patagonia-uitdaging Discovery se "Superhuman"-program Swem in Murmansk Swem oor die Beringstraat

Kategorie:Suid-Afrikaanse swemmers Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Lewende mense