duimnael|260px|Charles Laval, Selfportret, 1888, olie op doek, Van Gogh-museum, Amsterdam.

Charles Laval (17 Maart 1862 – 27 April 1894) was ’n Franse skilder wat verbind word met die sintetistiese beweging en die Pont-Aven-skool.

Laval is in Parys, Frankryk, gebore en was ’n tydgenoot en vriend van Paul Gauguin en Vincent van Gogh. Gauguin het in 1886 ’n portret van hom, Stillewe met Profiel van Laval, geskilder waarop Laval na een van Gauguin se keramiekbeelde kyk.Still Life with Profile of Laval, Indianapolis Museum of Art URL besoek op 6 April 2011

Laval en Gauguin duimnael|200px|Paul Gauguin se Stillewe met Profiel van Laval, 1886, Indianapolis-kunsmuseum.

Gauguin en Laval het in 1886 albei na Pont-Aven gegaan en vriende geword. In ’n soeke na ’n eksotisisme wat die sleutel tot kuns kon verskaf, het die twee kunstenaars in 1887 na Panama gereis. Om geld te maak het Laval akademiese portrette geskilder (almal verlore). ’n Reeks ongelukke het veroorsaak dat Laval en Gauguin van daar na die eiland Martinique, ’n Franse oorese gebied, is. Daar het hy ’n klein reeks landskappe met spikkels helder kleur geskilder waarvoor Gauguin in die verlede foutiewelik die eer gekry het. Laval is in 1894 op 32-jarige ouderdom dood aan tering.

Laval en Van Gogh Laval het sy selfportret geskilder ná ’n ooreenkoms tussen Van Gogh en van sy vriende. Hy het Laval, Gauguin en Émile Bernard gevra om vir hom ’n portret te stuur in ruil vir een van sy eie selfportrette.

Van Gogh was beïndruk deur Laval se bydrae. Hy het ’n klein tekening daarvan ingesluit by ’n brief wat hy aan sy broer, die kunshandelaar Theo van Gogh, gestuur het om aan hom ’n idee van die skildery te gee. Hy het dit beskryf as "kragtig, uitsonderlik en presies een van die skilderye waarvan jy praat: wat ’n mens besit voordat ander die talent raakgesien het".Van Gogh-museum URL besoek op 6 April 2011

Galery

Verwysings

Eksterne skakels Charles Laval se skilderye by die Musée d'Orsay

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Franse skilders Kategorie:Geboortes in 1862 Kategorie:Sterftes in 1894