duimnael|Kālidāsa Kālidāsa (Sanskrit: कालिदास) was 'n klassieke Sanskrit-skrywer en word allerweë beskou as die grootste digter en dramaturg van die Sanskrit-taal. Sy toneelstukke en gedigte is hoofsaaklik op Hindu-mitologie en filosofie gebaseer.

Werke Toneelstukke Kālidās het drie toneelstukke geskryf: Mālawikāgnimitra ("Mālavikā en Agnimitra"), Abhijñānashākuntala ("Die Erkenning van Shakuntala"), en Vikramorwasheeya ("In Verband met Vikram en Urwashi").

Abhijñānashākuntala, wat as 'n meesterstuk word beskou, is sy eerste toneelstuk wat tot Engels en Duits vertaal is. Dit vertel die verhaal van koning Dushyanta, wie verlief geraak het op Shakuntalā, 'n landelike dame uit die bos.

Poësie Kālidās het twee epiese gedigte geskryf, Raghuvamsha ("Dinastie van Raghu") en Kumārasambhawa ("Geboorte van Kumar Kartikeya"), en die liriese Meghadoota ("Wolk-boodskapper") en Rutusamhāra ("Die Eksposisie van die Seisoene").

Verwysings K.D. Sethna. Problems of Ancient India, p. 79-120 (chapter: "The Time of Kalidasa"), 2000 New Delhi: Aditya Prakashan. (Oor die datering van Kalidasa)

Eksterne skakels Kalidasa: Translations of Shakuntala and Other Works deur Arthur W. Ryder Biografie van Kalidasa Kalidasa and Ancient India

Clay Sanskrit Library Kalidasa by die The Online Library of Liberty

Kategorie:Indiese skrywers