Die Geelstreep-snapper (Lutjanus fulvus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, meer spesifiek die Rooisee en aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Blacktail snapper.
Identiteit Die vis word tot 40 cm lank. Die lyf is liggeel tot geel met rooiswart stert- en dorsalevinne. Die pektorale-, anale en pensvinne is geel. Die jong vissies het nie 'n swart stert nie. Hulle leef in rotskusareas en aflandige riwwe in water wat 1 tot 75 m diep is. Die onvolwasse vissies verkies vlakker beskermde riwwe, manglietbome en seegrasbeddings. Hulle is alleenlopers maar kom ook in klein groepies voor en vreet bodem ongewerweldes en vis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel Lutjanus fulvus by Fishbase.
Kategorie:Beenvisse