230px Geffrye Museum

in Kingsland Road, Shoreditch, Londen Engeland

Opgerig

1714

Boustyl

Restourasie/Georgiaans

Uitbreiding

Aan die gang (2016–2020)

200px Opening as museum

1914

Webtuiste Geffrye MuseumDie Geffrye Museum (amptelik: The Geffrye - Museum of the Home) is 'n museum in Shoreditch, Londen wat aan die geskiedenis van interieurstyle vanaf die 16de eeuse Elisabethaanse tydperk tot hede gewy is.Marianne Butler: London Architecture. London: Metro Publications 2014, bl. 128 Die museum is vernoem na Sir Robert Geffrye (1613–1703), 'n vroeëre Londense burgemeester (Lord Mayor of London) en Master of the Worshipful Company of Ironmongers ("Gilde van Ysterhandelaars"), een van die City of London se tradisionele gildes. duimnael|links|'n Londense loftwoonstel van 1998 Die museum, wat in 1914 ingerig is, word in 'n reeks historiese almoeseniershuise gehuisves wat in 1714 uit die nalatenskap van Sir Robert Geffrye vir lede van die Gilde van Ysterhandelaars opgerig is. Naas elf vertoonkamers, waarvan elkeen die interieurstyl van 'n bepaalde historiese tydperk vertoon, en spesiale uitstallings is daar ook 'n tuin wat volgens die styl van verskillende historiese periodes beplant is. 'n Bykomende ommuurde tuin met kruie is in 1993 aangelê. Vyf jaar later het 'n nuwe museumvleuel volgens die ontwerp van die ateljee Branson Coates Architects ontstaan.

Nuwe uitbreidings, wat teen 2020 voltooi sal wees, maak voorsiening vir 'n nuwe galery, biblioteek en studeerkamer. Die uitstalruimtes sal aansienlik vergroot word, van die bestaande 2 000 m2 tot 3 500 m2.The Architects' Journal (AJ), 7 Julie 2016: Wright & Wright gets go-ahead for Geffrye Museum. Besoek op 28 Augustus 2016

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Museums in Londen