Tom Weber is ’n Afrikaanse dramaturg. Hy werk as joernalis by Die Transvaler en bly in Johannesburg.
Skryfwerk Sy drama Bitter einde handel teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog en het ’n familie wie se plaas afgebrand is as tema.Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Bitter_Einde Die stuk speel af in die laaste maande van die oorlog. Getroue en ontroue Boere word as karakters teen mekaar afgespeel, met ’n oupa-figuur wat die leiding verskaf. Hierdie drama word in 1955 deur JAATS en in 1956 en 1957 deur die Nasionale Toneelorganisasie opgevoer. Hy skryf ook die vollengte drama In liefde verlore (wat in 1956 deur die amateur toneelgroep JAATS opgevoer word), die vollengte drama Kryg en Konfyt, of Tant Truida van Pretoria (wat deur Dalro gepubliseer word) en die ongepubliseerde radiodrama Julle het omgedraai. Hy vertaal Edward my seun, die radiodrama geskryf deur Robert Morley en Noel Langley, asook ander dramas soos “Antigone” van Jean Anouilh wat deur die Afrikaanse radiodiens van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie uitgesaai word.
Eendag is eendag is ’n roman.
Publikasies JaarPublikasie1954Eendag is eendag1958Bitter einde
Verwysings
Bronnelys Boeke Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. “Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde” Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
Tydskrifte en Koerante Weber, Tom “Die maaier in die Afrikaanse poësie” “Die Transvaler” 4 Mei 1957
Kategorie:Suid-Afrikaanse dramaturge