Susan Kruger was ’n Afrikaanse skryfster van liefdesromans.
Lewe en werk Susan Kruger is op ’n plaas in die distrik Ermelo gebore, waar sy haar kinderjare deurbring en haar skoolopleiding ondergaan. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Ermelo en sluit daarna by ’n rondreisende toneelgeselskap aan om vir ’n jaar of wat toneel te speel. In 1943 trou sy met Jimmy Kruger, advokaat in Pretoria en later politikus. Haar man is eers Provinsiale Raadslid vir Sunnyside in Pretoria en later lid van die Volksraad en ook die Kabinet, onder andere as Minister van Justisie. In hierdie pos word hy uiters omstrede nadat hy in ’n televisie-onderhoud te kenne gee dat die dood van Steve Biko in polisiebewaking hom koud laat. Terwyl haar man besig is om hom as advokaat te bekwaam volg sy ’n tuisonderrigprogram in joernalistiek en letterkunde. Haar gemeenskapsdiens is onder andere as lid van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, in wie se hoofbestuur sy ’n tyd lank dien, terwyl sy ook voorsitter is van die Parlementêre vrouevereniging. Sy maak ook ’n dokumentêre rolprent oor “Die sestig jaar van John Vorster”. Benewens Afrikaans en Engels is sy ook Zoeloe en Frans magtig.
Skryfwerk Haar eerste kortverhaal word teen die einde van 1949 gepubliseer en daarna publiseer sy gereeld kortverhale in Die Huisgenoot, Die Brandwag, Sarie Marais en Rooi Rose. Dan waag sy haar hand aan vervolgverhale en later ook liefdesromans. “Die kus van eensaamheid” word uitgegee in die Waterlelie-reeks en vertel van die onbeheerbare omstandighede wat ’n rooikopnooi teen die kus van eensaamheid wou laat strand. Sy skryf ook die liefdesromans “Kind van die winde”, “Duif van haar hart”, “Groenakkers”, “Slingerpaaie”, “Gebreekte vlerke”, “Vrou in die skadu”, “Vreemdeling op Eikedal”, “Bloureën en sonneskyn”, “Die sonnimf”, “Gelag teen die wind”, “Die toegewyde hart”, “Ligte wat immer wink” en “Die swart swaan”.Esaach: Susan Kruger Van haar gedigte is in die Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer.
Eerbewyse Die veerboot wat passasiers na Robbeneiland neem word na haar vernoem.Robben Island: http://www.robben-island.org.za/tours#tourtypes
Publikasies JaarPublikasie1955Kind van die winde1957Duif van haar hartGroenakkersSlingerpaaie1958Gebreekte vlerkeDie kus van eensaamheid1960Vrou in die skaduVreemdeling op Eikedal1961Bloureën en sonneskynDie sonnimf1962Gelag teen die wind1966Die toegewyde hart1982Ligte wat immer winkDie swart swaan
Bronne
Boeke Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
Tydskrifte en Koerante Anoniem “Susan het Afrikaanse vrou leer lees” “Hoofstad” 2 Augustus 1972 Cloete, Shane “Skryfkuns het wa deur drif help sleep” “Hoofstad” 25 Augustus 1976
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers