duimnael|Kamp Nr. 1, ’n kamp vir Boerekrygsgevangenes in Groenpunt, Kaapstad. Die kamp het later 'n oorplasingskamp geword en gevangenes is hiervandaan oorgeplaas na krygsgevangekampe in ander dele van die Britse ryk. duimnael|links|upright|'n Vierkleur gedrapeer oor die gedenkteken vir Boerekrygsgevangenes in die begraafplaas op Long Island, Bermuda. duimnael|Boerekrygsgevangenes word deur Simonstad gelei na die Bellevue-kamp. duimnael|Die eerste krygsgevangenes is in Suid-Afrika in kampe soos Bellevue, Simonstad, aangehou, maar namate hul getalle skerp toegeneem het, is gevangenes oorsee gestuur na onder meer Sint Helena en Ceylon.

Die Boerekrygsgevangenes was die sowat 27 000 krygers van Transvaal en die Vrystaat asook Kaapse Rebelle en simpatiseerders uit ander lande wat die Britse magte tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 gevange geneem en in die Karibiese Streek, die suidelike Atlantiese Oseaan en Asië aangehou het.

Die eerste Boere is met die Slag van Elandslaagte op 21 Oktober 1899, presies 10 dae nadat Transvaal en die Vrystaat oorlog verklaar het, gevange geneem. Hierdier eerste krygesgevangenes is op transportskepe in Simonsbaai aangehou totdat die kampe in Kaapstad en Simonstad voltooi is. Kampe is ook te Ladysmith en Umbilo in Durban geopen. Altesaam ses kampe is tydens die oorlog in Suid-Afrika opgerig.Changuion, Louis (2022). Vasgevang! Die lewe van die Boere in die Suid-Afrikaanse krygsgevangenekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902. Centurion, Suid-Afrika: Kraal Uitgewers. p.12. Grootskaalse oorgawes, soos dié deur genl. Piet Cronjé by Paardeberg op 27 Februarie 1900 en genl. Marthinus Prinsloo in die Brandwaterkom op 30 Julie 1900, het meegebring dat die kampe vir krygsgevangenes in die Kaapkolonie en Natal gou te klein geword het. Hierna het Engeland besluit om die krygsgevangenes oorsee te verban, ook omdat hulle bang was vir ’n inval in die Kaapkolonie, om ontsnapping te bemoeilik, om die vegtende Boere en naasbestaandes van die gevangenes te demoraliseer en om nie te veel uiteenlopende soorte kampe in Suid-Afrika te bedryf nie. Hulle was ook bevrees Kolonialiste in die omgewing van die kampe kon in opstand teen die Britse owerheid kom en die aangehoudenes probeer bevry. Camps of the Anglo Boer War. URL besoek op 12 Augustus 2016.

Die krygsgevangenes is gevolglik gestuur na Sint Helena, Ceylon (Sri Lanka), die Bermuda-eilande en Indië, waar daar 14 kampe was. Op plekke is hospitaal- of ruskampe ingerig; op ander strafkampe en tronke vir halsstarriges of kampe in streke met ’n ellendige klimaat wat as straf moes dien vir diegene wat nie wou sweer dat hulle nie weer teen Engeland sou veg nie (die onversetlikes of onversoenlikes). Lord Kitchener het self bereken dat 25 000 Boere in al die kampe tesame aangehou is, van wie seuns van net agt jaar en ou manne van oor die 80 jaar. Volgens ander ramings was die getal nader aan 30 000.

Namate die oorlog voortgesleep het, het praatjies van vrede toegeneem. Kort voor lank is gevangenes oral in twee kampe verdeel: diegene wat ná vrede huiswaarts wou keer en die onversetlikes, wat van geen oorgawe of eed van trou aan die Britse vors wou hoor nie. Die gemoedere het in sommige kampe so hoog geloop dat die owerheid die inskiklikes en die onversetlikes moes skei. Ná die Vrede van Vereeniging van 31 Mei 1902 het amper almal die eed van trou aan die Britse kroon afgelê, maar enkeles, die sogenaamde "swearnots", het jare lank in die kampe agtergebly omdat hulle geweier het om dit te doen. Die eerste Boerekrygsgevangenes het einde 1902 na kampe op Simonstad en in Durban teruggekeer en is van daar uitgeplaas onder ’n soort parool. Einde 1904 was daar nog etlike honderde "swearnots" in Indië sodat genl. Koos de la Rey daarheen gestuur is om hulle tot ondertekening te beweeg. Selfs daarna was daar enkeles wat dit nooit gedoen het nie en verhuis het na ander wêrelddele soos die VSA, Duitsland en Java. Die onversetlike Matthys Swart is in 1926 as die heel laaste bittereinder op die Bermuda-eilande oorlede.

Drie kategorieë duimnael|Genl.Piet Cronjé as 'n krygsgevangene op Sint Helena, 1900–'02. Hy en sy 4 000 manskappe is gevange geneem nadat hulle hulle oorgegee het ná die nederlaag in die Slag van Paardeberg. duimnael|links|Sowat duisend burgers, 50 vroue en 100 kinders is tydens die oorlog as geïnterneerdes in drie kampe in Portugal aangehou, soos dié een te Peniche. Die pyl wys na die Dopper Andries Johannes van der Walt. duimnael|upright|Kmdt. Hans Lötter, 'n Kaapse Rebel wat tereggestel, pleks van verban is. duimnael|links|Bittereinders in die Broadwood-kamp, Sint Helena. Die krygers wat die Engelse gevange geneem en aangehou het, kan in drie kategorieë verdeel word: krygsgevangenes, ongewenstes en geïnterneerdes. Die krygsgevangenes in die ware sin van die woord was uitsluitlik burgers van die Boererepublieke wat gevange geneem is terwyl hulle aan die gewapende stryd teen Groot-Brittanje en sy koloniale magte deelgeneem het.

Ongewenstes was die mans en vroue van die Kaapkolonie wat met die Oranje-Vrystaat en Zuid-Afrikaansche Republiek gesimpatiseer het en in sommige gevalle die wapen opgeneem het teen Brittanje (in dié geval was dit hoogverraad en strafbaar met die dood) en wat dus beskou is as ongewens. Hierdie Kaapse Rebelle het in twee golwe by die Boeremagte aangesluit: Die eerste was sowat 10 000 met die uitbreek van die oorlog en het hoofsaaklik uit die distrikte aangrensend tot die Vrystaat gekom. Toe fronte in Maart 1900 verbrokkel, het heelparty van die Kaapse Rebelle na hul tuiste teruggekeer, maar ander het die kommando's na die republieke vergesel en deel geword van die guerrillastryd. Die tweede, veel kleiner golf van Kaapse Rebelle van sowat 3 000 het by die Boeremagte aangesluit van Desember 1900 af, van wie sommige was tydens genl. Jan Smuts se inval in die Kaapkolonie in September 1901. Buiten die 360 bandiete wat verban is, het 1 012 tronkstraf in Suid-Afrika gekry en is 379 ter dood veroordeel, van wie 44 eindelik tereggestel is, soos die destyds bekende kmdt. Hans Lötter. Ná die oorlog het 10 577 Kaapse Rebelle hul stemreg vir vyf jaar verloor. In Natal is 409 rebelle aan hoogverraad skuldig bevind van wie net een tereggestel is. Ook Natalse rebelle het hul stemreg vir vyf jaar verloor.

Die geïnterneerdes was sowat duisend burgers en van hul gesinslede, sowat 50 vroue en honderd kinders, wat in September 1900 voor die naderende Britse troepe oor die Zuid-Afrikaansche Republiek se grens by Komatipoort na Lourenco Marques (Maputo) in Portugees-Oos-Afrika (Mosambiek) gevlug het en wat eindelik in Portugal aangekom het, waar hulle geïnterneer is.

Die krygsgevangenes is aanvanklik in kampe in Suid-Afrika aangehou: in twee kampe te Kaapstad op Groenpunt se meent, asook in twee kampe op Simonstad, 'n kamp in Ladysmith en een in Umbilo, Durban. Sommige is ook vir kort tye in tronke in die Kaapkolonie en Natal. Die Kaapse kampe is streng bewaak, maar die buitelandse kampe het minder geleentheid vir suksesvolle ontsnapping gebied, veral dié op eilande. Die bannelinge wat oorsee gestuur is, is aangehou in ses kampe op die Bermuda-eilandgroep, naamlik op die eilande Darrell, Tucker, Morgan, Burtt en Hawkins; op die eiland Sint Helena is hulle in twee kampe aangehou: Broadbottom en Deadwood, en die onversetlikes in Fort Knoll; in Indië was 10 sulke kampe: Umballa, Amritsar, Sialkot, Bellary, Trichinopoly, Shahjahanpur, Ahmednagar, Kaity-Nilgris, Kakool en Bhim-Tal; en op Ceylon (Sri Lanka) vyf: Diyatalawa-kamp en ’n paar kleiner kampe in Ragama, Hambatota, Urugasmanhandiya en Mt. Lavinia (die hospitaalkamp).

Die geïnterneerdes is in drie kampe in Portugal te Caldas da Rainha, Peniche en Alcobaca aangehou. Die ongewenstes, wat hoofsaaklik uit die distrikte Cradock, Middelburg, Graaff-Reinet, Somerset-Oos, Bedford en Aberdeen gekom het, is gevange gehou op Port Alfred naby Grahamstad aan die Oos-Kaapse kus, maar 360 is ook as bandiete na Bermuda verban.

Die kamplewe Omstandighede duimnael|links|Genl. ds. Paul Roux en Boereoffisiere in ballingskap op Ceylon. In Bermuda, op Sint Helena en in Suid-Afrika het die gevangenes se kwartiere merendeels bestaan uit tente en hutte wat saamgeslaan is uit sinkplate en sakke, maar in Indië en Ceylon is hulle merendeels gehuisves in groot skure van sinkplaat, bamboes en riete. Voedselverskaffing was oor die algemeen onvoldoende en van swak gehalte. Op Sint Helena was die voorsiening van varswater boonop ’n probleem. In al die kampe is streng dissipline gehandhaaf, maar die behandeling wat die gevangenes gekry het, is bepaal deur die betrokke kampowerheid se welwillendheid.

Tydverdrywe duimnael|links|'n Snyerswinkel op Sint Helena. duimnael|Boerekrygsgevangenes in die Bellevue-kamp, Simonstad, met hul handwerk. Om nuttig besig te bly was vir die gevangenes ’n groot uitdaging. Die bannelinge, wie se ouderdomme van agt of nege tot oor die 80 jaar gewissel het, het hulle dus op uiteenlopende gebiede besig gehou om die verveling te verdryf, onder meer met kerkbedrywighede, kultuur- en opvoedkundige tydverdrywe, sport, handel en selfs drukwerk. Byna almal het in ’n mindere of meerdere mate handwerk beoefen en aandenkings geskep, wat in sommige gevalle selfs uitgevoer is.

Die bannelinge op Ceylon en Sint Helena was die aktiefste in drukwerk waar heelwat blaadjies ontstaan het waarvan sommige gedruk en ander afgerol is. Met ’n ou Eagle-handpers het hulle die nuusblad De Strever van Saterdag 19 Desember 1901 tot Saterdag 26 Julie 1902 uitgegee as orgaan van die Christelike Strewersverniging. Nog koerante wat hulle gepubliseer het, meestal met behulp van ’n roneo, was De Prikkeldraad, De Krygsgevangene, Diyatalawa Dum-Dum en die Diyatalawa Camp Lyre. Op Sint Helena is ook ’n koerant met die naam De Krygsgevangene uitgegee, naas Kampkrummels. Die advertensies in dié nuusblaaie getuig van die verskeidenheid van die Boere se handelsbedrywighede. Daar was kafees, bakkerye, fynbakkers, kleremakers, skoenmakers, fotograwe, seëlhandelaars, algemene handelaars en handelaars in aandenkings. ’n Advertensie deur R.A.T. van der Merwe, later ’n Volksraadslid, adverteer sy dienste in winkel nr. 12 as kleremaker en houer van al die nodige voorraad. C.T. van Schalkwyk, later ’n kommandant en LUR, adverteer "Kerneels van Schalkwyk” se kafee as die plek waar elke Boer, ryk of arm, sy maag styf teen sy gordel kan laat span.

Kerksake duimnael|Alida en ds. Dirk Postma, kort ná hul troue. Sy is op betreklike jeugdige leeftyd verloof aan hom terwyl hy 'n student aan die Teologiese Skool Burgersdorp was, en toe die Driejarige Oorlog in 1899 uitbreek, het sy hom gehelp om stilletjies weg te loop om as Kaapse Rebel by die Boeremagte aan te sluit. Hy was tydens die oorlog 'n banneling in Bermuda. duimnael|links|Ds. Pieter Bos (met die hoed), 'n Gereformeerde predikant, as krygsgevangene op Ceylon. duimnael|upright|Ds. Petrus Postma, indertyd leraar van die Gereformeerde kerk Pretoria, is na Ceylon verban en het daar opgetree as geestelike leier van die lidmate van sy kerkverband op die eiland. Sy suster Aletta het die krygsgevangenes in die kamp besoek. duimnael|links|upright|Ds. George Thom, van 1884 tot sy dood op 6 September 1908 die NG gemeente Frankfort se eerste leraar, was saam met enige van sy kerkraadslede krygsgevangenes op Ceylon.