duimnael|260px|links|Ligging in die Geselskapseilande.

Maiao is ’n eilandformasie van 8,8 km2 en is geleë 78 km suidwes van Moorea. Dit is een van die Bowindse Eilande van Frans-Polinesië.

Geografie Die formasie bestaan uit ’n vulkaaneiland, met ’n hoogste punt van 154 m, en ’n koraalrifeiland. Die formasie sluit twee strandmere met ’n hoë soutinhoud, Roto Iti en Roto Rahi, in. Die eiland het ook ’n strandmeer aan die kant.

Al die lagunes word deur smal kanale verbind. Daar woon sowat 299 mense (2007-sensus).

Administrasie Administratief is die eiland deel van die Franse munisipaliteit Moorea-Maiao, wat weer val in die administratiewe onderafdeling Bowindse Eilande.

Verwysings

by Oceandots.com (URL besoek op 22 Junie 2006) Lesser known Society Islands at colonialvoyage.com (URL besoek op 22 Oktober 2006)] (met foto)

Kategorie:Geselskapseilande Kategorie:Vulkaniese eilande