Susan Strijdom (née De Klerk, Aliwal-Noord, Kaapland, 28 Junie 1910 – Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika, 20 Februarie 1999) was Suid-Afrika se premiersvrou van einde November 1954 tot met haar man, adv. J.G. Strijdom, se dood in die amp op 24 Augustus 1958. ’n Tehuis vir bejaardes, die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se Susan Strijdom-tehuis in Colbyn, Pretoria, is in 1966 na haar genoem. Die tehuis se webtuiste . URl besoek op 16 Augustus 2016. Sy het self ook in die politiek belanggestel en meermale as spreker in sy plek opgetree.
Herkoms duimnael|links|320px|Ds. W.J. de Klerk en sy gesin. Jan staan links agter. Dis nie bekend watter van die dogters Susan is nie, maar dit is moontlik sy derde van links.
Susanna de Klerk se vader, ds. W.J. de Klerk, wat predikant was van die Gereformeerde kerk Aliwal-Noord ten tyde van haar geboorte, was drie keer getroud: die eerste keer met Susanna Catharina Grobler van Venterstad (omstreeks Julie 1878 – 29 Junie 1901 op Burgersdorp, die moeder van Barend Jacobus); die tweede keer met Aletta Johanna (Lettie) van Rooy (Burgersdorp, 9 Januarie 1883 – 21 Augustus 1919, Potchefstroom, die moeder van al ds. De Klerk se kinders behalwe die oudste en jongste; oorlede aan die griep), dogter van sen. J.C. van Rooy, en die derde keer met Anna Sophia Coetsee (weduwee Van der Linde, 22 Januarie 1891 – 12 Februarie 1962, moeder van Helenius). Uit dié huwelike is 12 kinders gebore.
Van haar broers en susters was Johannes (Jan, Burgersdorp, 22 Julie 1903 – Johannesburg, 22 of 24 Januarie 1979), Hendrik (Henk, Potchefstroom, 13 Mei 1915 – Sasolburg, 28 Julie 1972), Maria (Heidelberg, Tvl., 28 September 1904 – Pretoria, 25 Junie 1990), Willem (Johannesburg, 5 Julie 1906 – 23 Julie 1930) Sy grafsteen soos te sien op die webtuiste van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika. URL besoek op 9 Julie 2016. en Aletta (Aliwal-Noord, 17 April 1907 – Potchefstroom, 27 Augustus 1919, ses dae ná haar moeder). Die moeder en dogter se grafsteen soos te sien op die webtuiste van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika. URL besoek op 9 Julie 2016.
Van die kinders uit ds. De Klerk se tweede huwelik, was Johannes ’n kabinetsminister, later president van die Senaat en op ’n keer amper staatspresident. Ook van ds. De Klerk se kleinseuns (Susan Strijdom se broerskinders) het sy liefde vir die politiek geërf. Willem de Klerk het ook Gereformeerde predikant geword en verder bekendheid verwerf as redakteur van twee koerante, professor en politieke raadgewer. Sy ander kleinseun, F.W. de Klerk, het 'n regsgeleerde geword voor hy tot die politiek toegetree het. Hy was later hoofleier van die Nasionale Party en eindelik staatspresident van Suid-Afrika.
Lewensloop duimnael|regs|200px|Adv. en mev. J.G. Strijdom se graf in Pretoria-Wes.
duimnael|links|320px|Mev. Strijdom en haar gesin: (van links) Johannes Gerhardus, Hans en Estelle.
duimnael|regs|280px|Op besoek aan Suidwes-Afrika in September 1955 saam met haar man.
Adv. Strijdom was eers getroud met die aktrise Margaretha van Hulsteyn, maar hulle het binne 'n jaar ná die huwelik geskei. Van 1926 tot haar dood in 1970 was Marda Vanne, soos sy bekendgestaan het, se lewensmaat die Britse aktrise Gwen Ffrangcon-Davies. Susan de Klerk was 17 jaar jonger as haar man. Hulle het mekaar in Februarie 1929 op Nylstroom ontmoet, waar sy musiekonderwyseres was, en is in 1930 getroud. Op Nylstroom het sy musieklesse gegee vir onder andere die kinders van ds. J.P. van der Walt en sy vrou, Miemie, pastoriepaar van die Gereformeerde kerk Waterberg. Toe adv. Strijdom in 1958 in die amp oorlede is, het sy in die betreklik jeugdige ouderdom van 48 ’n weduwee geword en dit meer as 40 jaar gebly. Gewese premiersvrou sterf, Die Burger, 22 Februarie 1999. Ná adv. Strijdom se dood het die gedagte ontstaan om 'n gedenkteken ter nagedagtenis aan hom in Pretoria op te rig. 'n Komitee is onder voorsitterskap van S.G.J. van Niekerk, administrateur van Transvaal, gestig. Coert Steynberg was die beeldhouer van die kopstuk en Danie de Jager van die perdegroep. Die projek is uitgevoer onder toesig van die argitekte Roelf en Hans Botha. Nadat die onthulling van die beeld ’n tyd lank vertraag is, het Susan Strijdom dit op 31 Mei 1972 onthul, terwyl premier B.J. Vorster as geleentheidspreker opgetree het.
Twee kinders is uit die huwelik gebore: Johannes Gerhardus en Estelle (gebore 1936, getroude van Crowson, oorlede 2009). Ná haar man se dood het sy in Pretoria gewoon, eers jare lank in ’n woonstel en van 1984 af saam met ’n groepie vriende in die aftreeoord Harmoniehof in Sunnyside. In Januarie 1999 is sy in Kaapstad op ’n sypaadjie aangeval. Sy moes ’n heupoperasie ondergaan, maar het nooit heeltemal herstel nie en is oorlede in ’n privaat kliniek in Pretoria. Ná haar dood het ’n kleinseun, Hans Strijdom, haar beskryf as "'n sterk, rustige vrou wat 'n ongelooflike vermoë gehad het om terugslae te hanteer". Naasbestaandes en vriende het haar onthou vir haar "rustige geaardheid, hartlike glimlag en warm vriendelikheid". Haar seun, Johannes Gerhardus (1939–'93), is reeds in 1993 in Lissabon aan ’n hartaanval oorlede sodat sy oorleef is deur haar dogter, drie kleinkinders en ’n agterkleinkind. Sy is langs haar man in die Heldeakker in die ou begraafplaas in Pretoria naby die graf van pres. Paul Kruger begrawe. Sowat 10 000 mense het sy roudiens op 30 Augustus 1958 by die Uniegebou bygewoon.
Strijdom-huis, Pretoria Op Nylstroom het die Strijdoms aanvanklik in ’n grasdakhuisie gewoon wat hulle aan die buitewyke van die dorp laat oprig het. Soos die gesin gegroei het, het hulle behoefte ook gegroei. In 1943 is die huis vergroot en in 1948 is die argitek Gerard Moerdijk (’n boorling van Waterberg) genader om die huis te vergroot en die Kaaps-Hollandse fasade te ontwerp. In 1958, ná adv. Strijdom se dood, het die Transvaalse provinsiale administrasie die huis oorgeneem. In 1975 is dit tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar en as museum ingerig waarna die huis professioneel gerestoureer is. Meubels en ander gebruiksartikels van die Strijdom-gesin asook persoonlike besittings van adv. Strijdom maak die museumskat uit. Daar is ook 'n lewensgetroue borsbeeld van hom, gekap uit ’n hardekoolstomp uit sy geliefde Bosveld.JG Strijdom, Pretoria, FAK . URL besoek op 13 Augustus 2016.
Susan Strijdom onthou duimnael|regs|270px|Dirk Richard skryf by dié foto, wat verskyn in sy boek Bid en droom, 'n koerantman het albei nodig: Toe ek advokaat Strijdom begin 1958 op kantoor gaan besoek het, het hy laggend gesê: 'Die Engelse pers wil my in die graf hê, maar hulle sal lank moet wag.' Op 24 Augustus 1958 was hy dood. Op dié foto, wat op 11 September 1957 geneem is, kan 'n mens reeds die tekens van bloedkanker sien waaraan hy minder as 'n jaar later oorlede is.
duimnael|links|280px|Susan en adv. Hans Strijdom tydens die 1958-verkiesingsveldtog, enkele maande voor sy dood.
duimnael|regs|280px|Mev. Strijdom op haar man se begrafnis, Augustus 1958. Haar broer sen. Jan de Klerk, die vader van Willem en FW de Klerk, staan regs van haar. Dis moontlik haar seun, Johannes Gerhardus, wat regs staan.
duimnael|links|300px|Vier premiersvroue (wie se man agtereenvolgens eerste minister was) by die 20-jarige feeskongres van die Nasionale Party in Parow: Betsie Verwoerd, Susan Strijdom, Tini Vorster en Maria Malan.
duimnael|regs|220px|Adv. J.G. en mev. Susan Strijdom voor die ampswoning Groote Schuur, Desember 1954.
duimnael|regs|330px|Die Van Rooy-familiefees op Kroonstad, 23 Julie 1939, op sen. J.C. van Rooy se 80ste verjaardag. Mev. Strijdom en haar man staan derde en tweede van regs in die derde ry van voor af.
In 1973 het Susan Strijdom haar herinnerings aan haar man as volg gedeel in Die Nasionale boek, 1948–1973, uitgegee ter viering van die 25-jarige bewind van die Nasionale Party: "My eerste geskenk van Hans Strijdom sal ek nooit vergeet nie – 'n bos pragtige rose. Hy was 'n jong prokureur op Nylstroom en ek was musiekonderwyseres aan die plaaslike skool. Die tyd: Februarie 1929. Ons het mekaar, vir die eerste keer, op 'n aand by vriende ontmoet en die volgende oggend was dit daar: Die pragtige ruiker rose uit sy tuin, waarvoor hy so lief was. Ek sal daardie rose nooit vergeet nie, want dit versinnebeeld wat ek altyd van my man Hans sal onthou: Te midde van al sy uitmergelende bedrywighede in die politiek – vanaf die jare dertig; ná 1948 as minister in dr. Malan se kabinet en toe, in November 1958, as eerste minister was Hans hartstogtelik lief vir die skone in die lewe, die kunste, maar bowe al musiek.
"Ek onthou nog hoe hy altyd in daardie lang vervloë jare, ná sy politieke studie van die koerante, altyd na Emol se musiekrubriek in Die Burger teruggeblaai het om sy bespreking van nuwe plate te verslind. So het sy plateversameling aangegroei. Tot in die jare toe hy eerste minister was, het ons na elke simfoniekonsert gegaan waartoe die tyd en die geleentheid hom toegelaat het. So sal ons wat die naaste aan hom was, ons weg van die honderdduisendes wat hom net in die openbare lewe geken en aangehang het, hom onthou. Geskiedenis, tradisie, die gevoel vir die skone was verstrengel met sy liefde vir sy huis en sy gesin, van wie toenemende openbare eise hom so dikwels weggeneem het.
"Ná die eerste bos rooi rose, en die twee jaar waarin hy twee aande per week by my kom kuier het (nooit meer nie en dan ook net stiptelik tot tienuur in die aand!) is ons op 14 Januarie 1931 in Fordsburg getroud – Fordsburg, Johannesburg, omdat my vader toe daar predikant was. Hans was toe al twee jaar in die parlement, agterbankmaats saam met 'n jong Kapenaar, Paul Sauer. Ons het Kaap toe gegaan en daar het hy my al die skoonhede van die ou Kaap gewys. Hy was 'n Kaaplandse seun, wat op Willowmore die laerskool deurloop het en toe na die hoërskool Franschhoek gegaan het om na matriek sy B.A.-graad op Stellenbosch te verwerf. Dit was die tyd van die groot volstruis-"boom" en gehoorsaam aan die wens van sy vader, het Hans, ná universiteit, saam met sy oudste broer in Willowmore met volstruise gaan boer.
"Maar die bodem het uit die mark geval en Hans is na Pretoria – in die staatsdiens, by die departement verdediging. Hy was net 'n paar maande daar, want in hierdie tyd is genl. De la Rey by Booysens in Johannesburg gedood in 'n ongeval waarvan die amptelike verklaring destyds – en soms vandag nog is – dat hy getref is deur 'n opslagkoeël tydens die skietery op die berugte Fosterbende. Hans het anders daaroor gedink want dit was in die felle aanvangswoelinge van die Rebelliedae en genl. De la Rey is geskiet op pad na genl. Beyers. Hans se opstandige gedagtes is in sy onsimpatieke departement beantwoord met die verfynde tegniek van volslae veronagsaming. Niemand het daarna na die jong man gekyk of hom werk gegee nie. En so is hy na 'n tydjie weg om hom by prokureur Meintjies in Pretoria in te skryf as prokureursklerk.
"Op Stellenbosch was hy 'n deursnee-student, maar nou, met 'n nuwe gemotiveerdheid, was sy regstudie vir LL.B. skitterend geslaagd. Toe hy klaar was, wou hy 'n plattelandse praktyk begin en sy leermeester, prokureur Meintjies, het die bekende Tom Naudé, van Pietersburg, gevra of hy die jongeling nie kan help nie. Hans is eers na Dullstroom, maar die kaal Hoëveldse wêreld het hom nie aangetrek nie en so het hy op Nylstroom beland. En Nylstroom, met die Waterberg, het sy skoonheidsaanvoeling so geroer – miskien omdat dit hom ook heimnisvol herinner het aan die Baviaanskloof by die Langeberge waar hy grootgeword het – dat Hans Strijdom volkome, lewenslank, opgegaan het in Waterberg en Waterberg deel van homself geword het.