Hierdie artikel handel oor die broodvrugteboom van die familie Moraceae. Vir ’n artikel oor die inheemse broodboom van Suider-Afrika, sien Zamiaceae.
'n Broodvrugteboom (Artocarpus altilis) is ’n spesie in die familie Moraceae wat in die Suidsee ontstaan en van daar na die res van Oseanië versprei het. Britse en Franse seevaarders het in die laat 18de eeu ’n paar Polinesiese saailinge na die Karibiese Eilande gebring en vandag groei dit in sowat 90 lande in Suid- en Suidoos-Asië, Oseanië, die Karibiese streek, Sentraal-Amerika en Afrika. Die naam is afgelei van die tekstuur van die vrug; as dit gekook word, het dit die tekstuur van varsgebakte brood. Dit het ’n aartappelagtige smaak.
Verspreiding Voorouers van die Polinesiërs het die bome sowat 3 500 jaar gelede in Noordwes-Nieu-Guinee aangetref. Hulle het dit oral in Oseanië geplant. (Paaseiland en Nieu-Seeland is te koud vir dié bome.) Hul Oos-Indonesiese neefs het die plant wes- en noordwaarts versprei deur Suidoos-Asië. Dit is ook in die Karibiese streek geplant.
Behalwe dat die vrug in baie lande ’n stapelvoedsel was, is die bome se ligte, sterk hout gebruik vir die bou van vlerkproue, skepe en huise.
Verwysings
Sien ook Lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom
Eksterne skakels Broodboom-instituut Breadfruit in die Encyclopædia Britannica
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Uitheemse bome in Suid-Afrika Kategorie:Tropiese vrugte