Tauatomo Mairau (oorl. 17 Mei 2013) was ’n lid van die koninklike familie van Tahiti en ’n afstammeling van koningin Pomare IV. Hy is op die eiland Rurutu gebore.
Sedert Februarie 2009 het Mairau aanspraak gemaak op die titel erfgenaam van die Tahitiaanse troon en probeer om die status van die koninkryk in die Franse hof erken te kry. Frankryk het egter nie sy eise erken nie.
In 2010 het hy beweer hy word erken as die erfgenaam van die troon en dat hy die titel "prins Marau van Tahiti" het. Hy het hom daarvoor beywer dat die koninklike trustgrond aan hom en sy familie terugbesorg word. Volgens hom het die Franse regering die grond ná die Tweede Wêreldoorlog onder verband geplaas en so die voorwaardes verbreek van die ooreenkoms wat in 1880 met Pomare V onderteken is.
Hy is op 17 Mei 2013 in Papeete oorlede.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Tahiti Kategorie:Sterftes in 2013