duimnael|regs|200px|Annemarie Wessels, 1949.

Annemarie Wessels (1904–1986) was die skrywersnaam van Mary-Ann Elizabeth Adler, wat Afrikaanse romans en kindertoneelstukkies geskryf het.

Lewe en werk regs|170px|duimnael|Wessels se man, ds. John Adler, leraar van die NG gemeente Pretoria-Wes van 1929 tot 1948.

duimnael|links|300px|Die Bloemfonteinse Normaalkollege, 1907.

Annemarie Wessels is op 21 Maart 1904 in die distrik Robertson gebore. Haar ouers was mnr. en mev. J.J. Wessels. Op vyfjarige leeftyd verhuis die gesin na die distrik Lindley in die Vrystaat, waar sy aan die plaaslike hoërskool matrikuleer. Een van haar onderwysers op skool was F.C.L. Bosman, wat haar aangemoedig het om te skryf. Aan die Bloemfonteinse Normaalkollege bekwaam sy haar dan as onderwyseres. Ses jaar lank het sy onderwys aan ’n plaasskool in die Kroonstad-distrik gegee. In 1929 hetsy met ds. John Adler van Pretoria-Wes getrou en vier kinders is uit die huwelik gebore, drie dogters (Bettie, Janetta en Mary-Ann) en 'n seun (Johan). Een van haar dogters, Mary-Ann van Rensburg, word later 'n bekende skrywer. Ná die huwelik bedien sy en haar man ’n aantal gemeentes, onder andere vanaf 1948 20 jaar lank Berea in Durban. Haar man was in hierdie tyd ook assessor van die Natalse Sinode. Haar man is op 6 Junie 1968 in Durban oorlede. Sy gee eindelik 21 jaar lank onderwys en dien ook in die beheerraad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie. Sy is op 10 Julie 1986 in die St. Lukas Hospitium in Kenilworth in Kaapstad oorlede.

Skryfwerk Om in die behoefte van goeie opvoerings vir kinders te voldoen, skryf sy self as pastoriemoeder ’n aantal kindertoneelstukkies, wat almal opgevoer word en later saamgebind en deur die C.S.V. Boekhandel as Onskuldig gestraf en ander toneelstukkies uitgegee word. Na ’n gesprek met haar niggie, die skryfster A.E. Carinus-Holtzhausen, besluit sy om haar skryfwerk ernstiger op te neem. Hierna spits sy haar toe op romans met ’n stigtelike strekking. Sy roeping is die verhaal van ’n jong man wat gehoorsaam is aan sy roeping om predikant te word, maar in die proses sterk teenkanting van sy pa en ander versoekings te bowe moet kom. Die verhaal beskryf ook sy eerste jare van bediening. Verdiende loon vertel van ’n armblanke seun wat bo sy milieu uitstyg en eindelik self ’n plaas besit. Wie is sy? het die natuur en die skoonheid daarvan as onderwerp, terwyl Mense van anderkant die Bybelse standpunt in verband met egskeiding en die verhouding tussen rykes en armes uitbeeld. Die groot gebod waarsku teen die bedreiging van verengelsing en die gevaar wat Rooms-Katolieke skole inhou, terwyl Ester ’n roman is met die Bybelse Ester as inspirasie. Hulle dien se onderwerp is die lotgevalle van ’n aantal jongmans in die polisiediens. Haar geheim se hoofkarakter is Heila Kotzé, wat verlei word en dan deur sosiale verwerping swaar vir haar sonde gestraf word. Sy soek haar troos in die Bybel en word dan herenig met die man wat verantwoordelik is vir haar swangerskap en haar nog steeds liefhet. Haar laaste roman, Oor grense heen, word drie weke na haar dood vrygestel.Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AWessels%2C+Annemarie.&qt=hot_author

Die dramadepartement van die Durbanse Onderwyskollege gee haar Handboek by die studie en onderrig van Laban se bewegingsleer uit.

Publikasies JaarPublikasie1943Sy roeping1944Onskuldig gestraf en ander toneelstukkiesVerdiende loon1945Mense van anderkantWie is sy?1947Die groot gebodIn een juk1948Tweelingbroers1949Hulle dien1950Haar geheim1951As die newels verdwyn1952Sy broer se nôi1955EsterVerborge liefde1962Oordeel nie1981Handboek by die studie en onderrig van Laban se bewegingsleer1986Oor grense heen

Bronne Boeke Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 Nienaber, P.J. “Hier is ons skrywers!” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999

Tydskrifte en koerante Anoniem “Natalse skrywer oorlede” “Die Burger” 12 Julie 1986

Ongepubliseerde dokumente Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein “Wessels, Annemarie, skuilnaam van mev. Mary Ann Elizabeth Adler – Biografie” Van Rensburg, Mary-Ann Brief gedateer 27 November 1986 Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1904 Kategorie:Sterftes in 1986