Die onthoofding van 21 Egiptiese Koptiese Christene in Libië is op 15 Februarie 2015 aangekondig deur 'n groep wat beweer hulle is deel van die terreurgroep Islamitiese Staat (IS).

Gebeurtenis In ’n berig van 12 Februarie deur die IS in sy internettydskrif Dabiq is foto's van die 21 Egiptiese Christene gepubliseer en word gedreig om hulle tereg te stel. Hulle was vissers en 13 was van die dorpie Al-Our (in die Minja-goewernement). Thousands mourn Egyptian victims of Islamic State in disbelief , UK.reuters.com, 16 Februarie 2015 Hulle het as ekspats gewerk in Sirte, Libië, en is op twee verskillende geleenthede in Desember 2014 en Januarie 2015 ontvoer. Die IS het gedreig om hulle dood te maak uit wraak vir “die ontvoering van Moslemvroue deur die Koptiese Kerk”.

Vroeër in 2014 het ’n militante groep van Oos-Libië in Sirië en Irak hul affiliasie by die IS aangekondig. Einde 2014 het hulle die Libiese stad Derna verower.

Op 15 Februarie 2015 het die groep ’n video van vyf minute uitgereik waarin die onthoofding van die 21 Egiptenare te sien is. Soos in ander IS-video's het die slagoffers oranje oorpakke aan, ’n verwysing na die gevangenes in die Guantanamobaai-vlootbasis. Aan die einde van die video sê die verteller hulle sal "Rome verower met die toestemming van Allah".

Nasleep Die onthoofdings is op groot skaal deur die internasionale gemeenskap veroordeel. Die Egiptiese president, Abdel Fattah el-Sisi, het ’n nasionale routydperk van sewe dae afgekondig en ’n reisverbod na Libië ingestel. Op 16 Februarie het die Libiese lugmag kampe van die IS in die omgewing van Derna gebombardeer.Dit reën bomme in IS-wraakaanvalle , netwerk24.com, 16 Februarie 2015 In die aanvalle het tussen 40 en 50 militante omgekom. Minstens 20 000 Egiptenare het uit Libië gevlug in die dae ná die bekendmaking van die moorde. Tienduizenden Egyptenaren ontvluchten Libië, Nederlands Dagblad, 25 Februarie 2015

Die Kopties-Ortodokse Kerk van Egipte het aangekondig dat hulle die vermoorde vissers as martelare beskou. Koptiese pous Tawadros II het op 21 Februarie 2015 gesê hulle word as heiliges erken. Vermoorde koptische christenen worden erkend als martelaar , Kerknet.be, 22 Februarie 2015

Verwysings

Kategorie:Christendom in Egipte Kategorie:Geskiedenis van Egipte Kategorie:Geskiedenis van Libië Kategorie:Islam Kategorie:Massamoorde Kategorie:Sterftes in 2015