Pomare II of Pōmare II (omstreeks 1782 – 7 Desember 1821; volle naam: Tū Tū-nui-ēa-i-te-atua Pōmare II), was van 1782 tot 1821 die tweede monarg van die Koninkryk Tahiti. Hy is deur sy pa, Pomare I, op die troon geplaas, maar het van 1782 tot 1803 onder dié se regentskap regeer.Royal Ark

Lewe Hy is aanvanklik erken as die opperheerser van Tahiti, maar is later gedwing om op die nabygeleë eiland Moorea te gaan skuil. Op 12 November 1815 het hy teruggekeer en sy vyande by die Slag van Te Feipi verslaan.1815 – La bataille de Fei Pi. Histoire de l'Assemblée de la Polynésie française

Huwelik en kerstening Pomare II was voor Maart 1797 met koningin Tetua-nui Taro-vahine, Arii van Vaiari (nou Papeari) getroud. Sy is op 21 Julie 1806 op Arue oorlede.

Hy het geglo hy het die guns van die god 'Oro verloor en onder leiding van die sendeling Henry Nott die Christelike geloof aangeneem. Hy is op 16 Mei 1819 in Papeete gedoop. – sy Christenskap en die steun van die Engelse sendelinge het hom gehelp om die koninklike mag se sentraliseer.

Dood Pomare is op 7 Desember 1821 in Papeete oorlede aan drankverwante oorsake. Hy is deur sy seun, Pomare III, opgevolg wat van 1821 tot 1827 regeer het.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1782 Kategorie:Sterftes in 1821 Kategorie:Konings van Tahiti