Pomare IV of Pōmare IV (28 Februarie 1813 – 17 September 1877; volle naam Aimata Pōmare IV Vahine-o-Punuateraitua) was van 1827 tot 1877 die vierde monarg van die Koninkryk Tahiti. Sy was ook bekend as Aimata – "oog-eter", na aanleiding van die destydse gebruik dat die heerser die oog van ’n verslane vyand geëet het.
Lewe Pomare IV was die dogter van Pomare II en sy tweede vrou, Teriʻitoʻoterai Tere-moe-moe. Sy het haar broer, Pomare III, ná sy dood opgevolg toe sy net 14 jaar oud was.
In 1843 het Frankryk Tahiti ’n protektoraat gemaak en ’n goewerneur in Papeete aangestel. Pomare het vergeefs teen Franse inmenging geveg en Engeland se beskerming gevra, en haarself toe na Raiatea verban uit protes.Patricia O'Brien "Think of Me as a Woman: Queen Pomare of Tahiti and Anglo- French Imperial Contest in the 1840s Pacific", Gender and History, Vol. 18 No. 1 April 2006: 108–129doi:10.1111/j.1468-0424.2006.00417.x Daarna het die bloedige Frans-Tahitiaanse Oorlog (1843 tot 1847) gevolg, wat elke koninkryk van die Geselskapseilande geraak het. Dit het geëindig toe die Tahitiaanse magte by die Fort van Fautaua verslaan is. Die Franse het nie die eiland geannekseer nie weens diplomatieke druk van Engeland en Tahiti en Moorea het ’n onafhanklike protektoraat gebly.La guerre franco-tahitienne (1844–1846). Histoire de l'Assemblée de la Polynésie française
Pomare IV het eindelik uit bannelingskap teruggekeer en tot met haar dood onder Franse administrasie regeer. Sy is in 1877 oorlede en is opgevolg deur haar seun, Pomare V, wat van 1877 tot 1880 regeer het.
Kinders In Desember 1822 het Pomare met die toekomstige koning Tapoa II van Tahaa en Bora Bora getrou. Hulle het nie kinders gehad nie en sy het die huwelik gerepudieer op grond daarvan dat hy steriel was.
Sy is op 5 Desember 1832 met haar neef, Tenaniʻa Ariʻifaʻaite a Hiro, getroud. By hom het sy 10 kinders gehad, onder andere Pomare V.
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboortes in 1813 Kategorie:Sterftes in 1877 Kategorie:Konings van Tahiti