Pomare III of Pōmare III (1820–1827; volle naam Teriʻitariʻa Pōmare III) was van 1821 tot 1827 die derde monarg van die Koninkryk Tahiti. Hy was die tweede oudste seun van koning Pomare II en sy tweede vrou, koningin Teriʻitoʻoterai Tere-moe-moe. Bronne verskil oor sy presiese verwantskap aan sy suster – sendelinge het gemeen hulle was halfbroer , terwyl ander bronne meen hulle het dieselfde ma gehad.

Lewe Hy is op 25 Junie 1820 as Teriʻitariʻa gebore en is op 10 September 1820 gedoop. Hy het sy pa opgevolg ná dié se dood op 7 Desember 1821. Hy is op 21 April 1824 op Arue gedoop.Royal Ark

Omdat hy minderjarig was, het hy regeer onder die regentskap van sy ma, koningin Teriʻitoʻoterai Tere-moe-moe, sy tante en stiefma, Teriʻitariʻa Ariʻipaeavahine, en die vyf belangrikste hoofmanne van Tahiti.

Hy is op 8 Januarie 1827 aan disenterie oorlede. Hy is deur sy suster, Aimata Pomare IV Vahine-o-Punuateraitua, opgevolg wat van 1827 tot 1877 regeer het.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1820 Kategorie:Sterftes in 1827 Kategorie:Konings van Tahiti