Pomare I of Pōmare I (omstreeks 1753 – 3 September 1803) (ook bekend as Tu of Outu), was van 1788 tot 1791 die eerste koning van die Koninkryk Tahiti en die stigter van die Pomare-dinastie.Royal Ark Hy het in 1791 geabdikeer, maar sy mag tot in 1803 behou as regent tydens die heerskappy van sy minderjarige opvolger, sy seun Pomare II.

Naam Outu is ’n fonetiese weergawe van O Tū: die naam is Tū en die naamwoordelike predikaat o, wat dit is beteken. In ouer geskrifte word sy van geskryf as Tunuieaiteatua, wat onsekerheid laat oor die regte uitspraak omdat lengtetekens en glottale sluitklanke gewoonlik nie in Tahitiaans geskryf word nie. In die huidige ortografie word dit geskryf as Tū-nui-ēa-i-te-atua, wat beteken Groot-Tū,-pad-na-die-god. (Tū, "om regop te staan", was ’n belangrike Tahitiaanse god).

Die van Pomare is later aangeneem. Dit beteken "hoes" (mare) in die nag (pō), ter ere van sy dogter, Teri’inavahoroa, wat in 1792 aan tering dood is.Historie.assemblee.pf

Lewe Pomare I is omstreeks 1753 op Pare gebore as die tweede oudste seun van hoofman Teu Tunuieaiteatua en sy vrou, Tetupaia-i-Hauiri. Hy het aanvanklik onder sy pa se regentskap regeer en hom op 23 November 1802 opgevolg as Arii-rahi van Porionuu.

Hy het die titel koning aangeneem en as monarg het hy die verskillende clans van Tahiti in ’n enkele koninkryk verenig, wat bestaan het uit Tahiti self, Moorea, Mehetia en Tetiaroa. In 1788 het hy dus die eerste koning van ’n verenigde Tahiti geword. In 1791 het hy geabdikeer en is hy deur sy seun, Tū Tūnuiʻēʻaiteatua (Pomare II), opgevolg. Dié het van 1791 tot 1821 regeer; Pomare I het egter tot in 1803 die regent gebly, toe hy aan trombose oorlede is.

Hy was vier keer getroud en het drie seuns en drie dogters gehad.

Verwysings

Teuira Henry, Tahiti aux temps anciens Henry Adams, Mémoires d'Arii Taimai

Eksterne skakels Angela Ballara: Pōmare I, Dictionary of New Zealand Biography

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1742 Kategorie:Sterftes in 1803 Kategorie:Konings van Tahiti