Arusha is 'n stad en streek in die noorde van Tanzanië. Die stad is op 'n plato in die Groot Skeurvallei tussen die Serengetivlakte, die Ngorongoro-krater, Manyarameer, Olduvaikloof en berg Kilimandjaro geleë. In Arusha is die Oos-Afrikaanse Gemeenskap se wetgewende vergadering gesetel. Die stad sal later as hoofstad van die beplande Federasie Oos-Afrika dien.
duimnael|links|upright|Die Arusha-verklaringsmonument duimnael|links|upright|Die Arusha-kloktoring Amptelike dokumente wat onafhanklikheid aan Tanzanië verleen het, is in 1961 deur die Verenigde Koninkryk in Arusha geteken. Die Arusha-verklarings vir selfbehoud in Tanzanië is in 1964 ook in Arusha geteken. Die Arusha-ooreenkomste is op 4 Augustus 1993 in Arusha geteken deur verteenwoordigers van die verskillende partye betrokke by die Rwandese Burgeroorlog. Die Internasionale Kriminele Tribunaal vir Rwanda is in Arusha geleë.
Die Kaapstad-Kaïro-Grootpad loop deur Arusha en dit is volgens bewerings halfpad tussen Kaapstad en Kaïro geleë.
Arusha is ook die Hindoenaam vir die "opkomende son".
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Hindoeïsme Kategorie:Nedersettings in Tanzanië