Die Noordwes-Universiteit (bynaam "Pukke"), voorheen bekend as die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (afgekort: P.U. vir C.H.O.), voordat dit met ander instellings saamgesmelt het om die Noordwes-Universiteit te vorm, is in 2004 gestig. Dit is ’n medium grootte Suid-Afrikaanse universiteit. Onderrig geskied hoofsaaklik in Afrikaans op die Potchefstroom-kampus en in Engels op die ander kampusse, naamlik Mafikeng en Vaaldriehoek (Vanderbijlpark).

Geskiedenis Die Potchefstroomse Universiteit het ontwikkel uit die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA), wat op 29 November 1869 op Burgersdorp (Kaapprovinsie) gestig is met die grondlegger van die GKSA, ds. Dirk Postma, as eerste lektor. By die stigtingsvergadering is besluit dat die skool onderrig sal verskaf aan toekomstige onderwysers en ander persone, sonder om enige voorkeur aan ’n spesifieke professie te gee. Aanvanklik was daar vyf studente en twee lektore, Postma en ds. Jan Lion Cachet.

In 1877 word ’n "Letterkundedepartement" gevestig, met een professor, ds. Petrus Postma, 'n seun van ds. Dirk Postma, wat die spesifieke doel gehad het om studente op te lei vir ’n akademiese graad of as onderwysers.

In 1905 word die Teologiese Skool, tesame met die Letterkundedepartement, verskuif van Burgersdorp na Potchefstroom.

Ten einde te kwalifiseer vir regeringsubsidies, word die Letterkundedepartement in 1919 van die Teologiese Skool geskei en die Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs (afgekort tot PUK) ontstaan. Daar is besluit dat die PUK ’n hoër onderriginstituut, onafhanklik van die GKSA, sal wees, alhoewel die PUK sou voortgaan om predikante vir die GKSA op te lei.

In 1921 word die Potchefstroomse Universiteitskollege (sonder die "vir Christelike Hoër Onderwys" agtervoegsel) geïnkorporeer by die Universiteit van Suid-Afrika; die PUK het eers in 1933 die "vir Christelike Hoër Onderwys" as deel van sy naam teruggekry.

Die Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys word amptelik in 1951 as ’n onafhanklike universiteit erken en hernoem tot Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

In 1966 word die Vaaldriehoek-kampus gevestig in Vanderbijlpark, ten einde tersiêre onderrig in hierdie omgewing te verskaf.

In 2004 smelt die Potchefstroomse Universiteit saam in die Noordwes-Universiteit. Die ander twee kampusse is in Mahikeng en in Vanderbijlpark.

Fakulteite Die Potchefstroomse Universiteit het kursusse verskaf en die Potchefstoomkampus van die Noordwes-Universiteit gaan voort om dit te verskaf, in die volgende fakulteite (die jaar waarin die fakulteit gestig is, word in hakies aangedui):

Lettere en Wysbegeerte (1921) Natuurwetenskappe (1922) Teologie (1930) Onderwyswetenskappe (1935) Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (1942) Regsgeleerdheid (1966) Farmasie (1978) (Die Departement Farmasie het reeds sedert die 1950's bestaan) Ingenieurswese (1983) Gesondheidswetenskappe (1999)

Kultuur Die universiteit se "Alabama Studentegeselskap", ’n musiekrevue-groep, gestig in 1943 en ontbind in 2008, is dwarsoor Suid-Afrika bekend. Die Potchefstroomse Universiteitskoor is wêreldbekend en was vir meer as 30 jaar onder leiding van prof. Awie van Wyk.

Studentegetalle en statistiek In Augustus 2004 het die Potchefstroom kampus van die Noordwes-Universiteit 33 713 studente gehad. Hiervan was 13 021 manlik en 20 692 vroulik. Daar was 31 300 voorgraadse studente en 2 413 nagraadse studente.

NWU Taalbeleid Die Noordwes-Universiteit (NWU) het 'n meertalige taalbeleid wat daarop gemik is om 'n regverdige en funksionele meertalige omgewing vir alle studente en personeel te skep. Die beleid bevorder die akademiese status van Setswana en Sesotho, saam met Afrikaans en Engels, as onderrigtale en vir akademiese diskoers. Die NWU maak ook gebruik van verskeie taaldienste soos tolking en vertaling om hierdie benadering te ondersteun.

Die beleid by die NWU erken Afrikaans, Engels, Setswana en Sesotho as onderrigtale en beklemtoon die gebruik van verskeie tale om 'n inklusiewe omgewing te skep.Language Policy of the NWU

.FUNKSIONELE MEERTALIGHEID:

Die beleid moedig die gebruik aan van verskeie taalkundige hulpbronne en dienste om effektiewe kommunikasie en leer oor verskillende tale te ondersteun.

GEMEENSKAP UITREIK:

Die NWU voorsien tolkingsdienste vir klasse en gemeenskapsgeleenthede om inklusiwiteit en toeganklikheid te ondersteun en te bevorder, volgens die beleid.

Bekende oudstudente Politiek F. W. de Klerk, Staatspresident van Suid-Afrika (1989–1994); Adjunkpresident van Suid-Afrika tydens Nelson Mandela se Presidentskap (1994–1996). Pieter Mulder, Adjunkminister van Bosbou, Landbou en Visserye (2009-Mei 2014); Leier van die Vryheidsfront Plus (2001-2016). Corné Mulder, Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Vryheidsfront Plus.

Uitvoerende Kunste Rina Hugo, bekende sangeres het haar B.Mus.-graad hier verwerf in 1970. Sy was ook lid van die Alabama Studentegeselskap. Sy het uitgeblink in feitlik alle genres wat deur ’n solis beoefen kan word naamlik: Opera, oratorium, operette, musiekblyspele, die kunslied en ligte musiek. Christa Steyn, 'n student gedurende 1976–1978, oorlede op 11 Junie 2012 in Pretoria, was ook lid van die Alabama Studentegeselskap; ’n komponis, pianis en Afrikaanse sangeres wat bekend was vir haar duette saam met Jannie du Toit. Kobie van Rensburg "www.kobievanrensburg.de". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2024. Besoek op 24 September 2015. is ’n wêreldbekende operasanger wat tans in Duitsland werk. Hy was lid van die Potchefstroomse Universiteitskoor (1987–1994).

Sport Willie Coetzee, Springbokatleet Fanie van Zijl, Springbokatleet Dawid Booysen, Springbokatleet Willem van der Westhuizen, Springbokatleet Beatrice Marais, Springbokatleet Andries Burger, Springbokatleet Willie Nel, Springbokatleet Willem van Heerden, Springbokatleet Paul Nel, Springbokatleet Barend Klopper, Springbokatleet Johan Swart, Springbokatleet Lood de Jager, Springbokrugbyspeler Warren Whiteley, Springbokrugbyspeler Akker van der Merwe, Springbokrugbyspeler Aranos Coetzee, Namibiese rugbyspeler Johan Deysel, Namibiese rugbyspeler

Ander Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Suid-Afrika 2017 en Mej. Heelal 2017

Noemenswaardige oud-personeel H.J.J. (Hennie) Bingle, rektor. S.P.E. Boshoff, akademikus en skrywer. Wicus du Plessis, regsgeleerde en ekonoom. Jacobus du Plessis, akademikus. Casparus de Wet, akademikus. Hennie Stoker, filosoof. Tjaart van der Walt, rektor. Theuns Eloff, rektor (laaste onder die "PU vir CHO"-naam).

Kommersiële produkte en patente CFAM – Sentrum vir Gevorderde Vervaardiging Voorbeelde van tipiese projekte wat aangepak is:

Skroefsegment vir dubbelskroef-ekstrueerders Lope en loopsegmente vir dubbelskroef-ekstrueerders Ekstrusiematryse en knieblokke Komponente vir die verdedigingsbedryf Komponente vir die myn- en rotsboorbedryf Herontwerp van komponente van veral dubbelskroef-ekstrueerders

CTexT – Sentrum vir Tekstegnologie Speltoetsers vir verskeie Suid-Afrikaanse tale insluitende Afrikaans, Tswana, Noord-Sotho, Zoeloe en Xhosa Tsenang! is ’n multimediaprogram vir die aanleer van Tswana Ngenani! is ’n multimediaprogram vir die aanleer van Zoeloe

Student lab Student Lab Small Scale Chemistry laboratory

Bekende aktiwiteite Tarentaal Die Republiek van Tarentaal is in 1972 gestig met John Vorster as die eerste president. Hierdie fiktiewe "republiek" se kultuurerfenis en geskiedenis was gebruik as 'n voertuig om eerstejaarstudente tuis te maak op die kampus, asook in te lei in die sosiale studentelewe op die Puk. Republiek van Tarentaal was veral aktief op die kampus tydens die sg. "ontgroeningseremonies" ('n tipe inisiasie) van eerstejaars elke jaar in Januarie. Laasgenoemde was 'n stokou tradisie wat in die 1990's afgeskaf (eintlik verbied) is, a.g.v. berugte wanpraktyke van seniors teenoor nuwelinge (onder die dekmantel van ontgroening), wat die universiteit se beeld na buite geskaad het.

Jool Dit is ’n liefdadigheidsorganisasie waar al die eerstejaars, in hul koshuisverband, met hul self-geboude vlotte deur die strate van die dorp beweeg en geld insamel vir 'n goeie doel.

Koshuise

Sien ook Lys van universiteite in Suid-Afrika Potchefstroomse Universiteitskoor Noordwes-Universiteit Botaniese Tuin

Verwysings

Eksterne skakels Noordwes-Universiteit se Webblad Potchefstroom-kampus Webblad Die FNB Super Bowl 2006 word aangebied deur die Pukke

Kategorie:Noordwes