duimnael|links|250px|Saguenay: Die ou papiermeul in die arrondissement Chicoutimi Saguenay is die hoofstad van die administratiewe gebied Saguenay-Lac-Saint-Jean (Quebec, Kanada) en lê teen die Saguenayrivier. Saguenay-fjord (Fjord du Saguenay) is die mees suidelike fjord in die Noordelike Halfrond.
Saguenay is op 1 Januarie 2002 gevorm deur die samesmelting van die stede Chicoutimi, Jonquière en La Baie met die munisipaliteite van Laterrière, Lac-Kénogami, Shipshaw en 'n gedeelte van die munisipaliteit van die kanton Tremblay. Meer as 98 persent van die sowat 150 000 inwoners is Franssprekend.
Die nuwe naam van die stad is deur 'n referendum bepaal waarin die meerderheid van die bevolking die voorkeur aan die naam Saguenay gegee het.
Ekonomie Die primêre verwerking van die omgewing se natuurlike hulpbronne vorm die basis van die plaaslike ekonomie, soos byvoorbeeld die papier- en aluminiumvervaardiging. Hidroelektriese kragopwekking vind naby Shipshaw plaas. Saguenay het daarnaas tot ´n gewilde bestemming vir plesierboot-toerisme ontwikkel.
Eksterne skakels Amptelike webwerf van die stad Saguenay
Kategorie:Nedersettings in Quebec