Jalāl ad-Dīn Muhammad Rūmī (Persies: مولانا جلال الدین محمد بلخى رومی), ook bekend as Jalāl ad-Dīn Muhammad Balkhī (جلال‌الدین محمد بلخى; Balch, 30 September 1207 – Konya, 17 Desember 1273) was 'n filosoof, soefi-mistikus en digter van Persiese afkoms. Rumi was 'n tydgenoot van die Sufi-mistieke Haji Bektash Veli. Rumi is een van die belangrikste figure uit die Persiese digkuns. In godsdienstige kringe staan hy ook bekend as Mawlānā/Mevlânâ (مولانا, "ons meester") of Mevlevî/Mawlawī (مولوی, "my meester"). 'n Bekende werk van Rumi is die Masnavi.

Rumi het sy skryfwerk in 1258 begin maar voordat dit voltooi is, is hy in 1273 oorlede. Die Masnavi bevat meer as 25 000 verse en word ook die 'Persiese Koran' genoem.

Rumi se onderwyser was die geheimsinnige Shams Tabrizi. Die boek Liefde ken veertig reëls deur Elif Shafak vertel die 40 reëls van Shams Tabrizi sowel as die ontmoeting tussen Shams en Rumi.

Bronnelys

Dr Khalifa Abdul Hakim, "The metaphysics of Rumi: A critical and historical sketch", Lahore: The Institute of Islamic Culture, 1959. Afzal Iqbal, The Life and thought of Mohammad Jalal-ud-Din Rumi, Lahore: Bazm-i-Iqbal, 1959 (latest edition, The life and work of Jalal-ud-Din Rumi, Kuala Lumpur: The Other Press, 2014). Endorsed by the famous Rumi scholar, A.J. Arberry, who penned the foreword. Abdol Reza Arasteh, Rumi the Persian: Rebirth in Creativity and Love, Lahore: Sh. Muhammad Ashraf, 1963 (latest edition, Rumi the Persian, the Sufi, New York: Routledge, 2013). The author was a US-trained Iranian psychiatrist influenced by Erich Fromm and C.G. Jung. Annemarie Schimmel, The Triumphal Sun: A Study of the Works of Jalaloddin Rumi, Albany: SUNY Press, 1993.

Kategorie:Geboortes in 1207 Kategorie:Irannese digters Kategorie:Soefisme Kategorie:Sterftes in 1273