Die Japan Rugby League One (Japannees: ジャパンラグビーリーグワン; vanaf 2003 tot 2021 die Top League) is ’n rugbykompetisie in Japan. Dit is die hoogste vlak van rugbykompetisies in Japan en is ’n professionele liga. Voorheen was dit ’n industriële liga, wat beteken dat talle spelers werknemers was van hul maatskappy en die spanne elkeen deur groot maatskappye besit is. Die Japannese Rugbyvoetbalunie (JRVU) het die kompetisie in 2003 op die been gebring deur die Japanse Maatskappy-rugbyvoetbalkampioenskap te absorbeer sodat die algehele standaard van die sport verbeter kan word, die gewildheid van die sport toeneem en die resultate van die Japannese nasionale rugbyspan verbeter. Twaalf spanne het aan die eerste seisoen in 2003–04 deelgeneem. In 2006–07 is die kompetisie na veertien spanne uitgebrei en in 2013–14 na sestien.
Tot in 2022 was dit ’n industriële liga, wat beteken dat talle spelers werknemers was van hul maatskappy en die spanne elkeen deur groot maatskappye besit is. Hoewel die toernooi vir sy hoë salarisse bekend is, speel net ’n klein aantal wêreldklasspelers en min Japannese spelers professioneel, wat beteken dat die meeste spelers amateurs is. Die vertraagde 2021-seisoen was die laaste van die Top League, nadat die JRVU ’n nuwe professionele toernooi met drie divisies vanaf 2022 goedgekeur het. In Januarie 2021 is meer details omtrent die struktuur aan die media verduidelik. Dit sal 25 spanne behels, van wie die boonste twaalf spanne in twee konferensies verdeel sal word, met sewe spanne wat in afdeling twee en ses spanne wat in afdeling drie sal speel. Die nuwe toernooi is in Julie 2021 as Japan Rugby League One bekendgestel.
Die meesterbrein agter die liga was Hiroaki Shukuzawa wat die dringendheid aan ’n verbetering van die Japanse plaaslike maatskappy-rugbykompetisie na ’n professionele vlak gevoel het, wat Japan uiteindelik in staat sou stel om meer mededingend te wees in internasionale rugby. Talle buitelanders het hulself al beskikbaar gestel om in die Top League te speel. In die 2010’s het salarisse in die Top League van die hoogste in die rugbywêreld geword met Jaque Fourie wat in 2012 die bes betaalde rugbyspeler in die wêreld was.
Kampioene duimnael|Openingseremonie van die 2009–10-eindstryd duimnael|Keiser Naruhito besoek met sy eggenoot Masako 'n wedstryd tydens die 2018–19-seisoen SeisoenJapan Rugby League One-kampioene Japan Rugby League One2023–2418px Kubota Spears Funabashi Tokyo Bay2022–2318px Panasonic Wild Knights Top League2021–2218px Panasonic Wild Knights2019–20seisoen afgelas2018–1918px Kobelco Steelers2017–1818px Suntory Sungoliath2016–1718px Suntory Sungoliath2015–1618px Panasonic Wild Knights2014–1518px Panasonic Wild Knights2013–1418px Panasonic Wild Knights2012–1318px Suntory Sungoliath2011–1218px Suntory Sungoliath2010–1118px Sanyo Wild Knights2009–1018px Toshiba Brave Lupus2008–0918px Toshiba Brave Lupus2007–0818px Suntory Sungoliath2006–0718px Toshiba Brave Lupus2005–0618px Toshiba Brave Lupus2004–0518px Toshiba Brave Lupus2003–0418px Kobe Steel Kobelco Steelers* Notes:
* NEC Green Rockets het die Microsoftbeker in 2003–04 gewen. Die beker is geag as ’n afsonderlike kompetisie van die Top League voor 2007.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Rugbykompetisies in Japan