Die Mosambiekse Vryheidsoorlog was 'n gewapende konflik tussen die guerrillamagte van FRELIMO (Frente de Libertação de Moçambique) en Portugal. Die oorlog het amptelik op 25 September 1964 begin en met 'n skietstilstand op 8 September 1974 tot 'n einde gekom. 'n Onderhandelde onafhanklikheid is in 1975 beklink.
Portugal se oorloë teen vryheidsvegters in sy 400 jaaroue Portugese Ryk, het in 1961 met die Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid begin. In Mosambiek het die konflik in 1964 begin met onrus en frustrasies onder baie van die inheemse Mosambiekse bevolkings, wat die buitelandse regeerders as 'n vorm van uitbuiting en onderdrukking beskou het, wat net tot voordeel van die Portugese ekonomie gestrek het. Baie Mosambiekers het ook die Portugese se beleid teenoor die plaaslike bevolkings geminag, wat neergekom het op diskriminasie, en beperkte toegang tot die Portugese lewenstyl-opvoeding en geskoolde werksgeleenthede.
Namate suksesvolle selfbeskikkings-bewegings na die Tweede Wêreldoorlog regdeur Afrika posgevat het, het talle Mosambiekers progressief nasionalisties in hul politieke denke begin raak, en toenemend gefrustreerd geraak met die onderdanigheid waaronder hul volk aan 'n buitelandse regeerder uitgelewer was. Aan die ander kant was daar weer die gekultiveerde inheemse Afrikane wat ten volle by die sosiale kringe van die Portugese-Mosambiekers ingeskakel was – veral diegene in die stedelike sentra – wat met gemengde gevoelens, ongemak en agterdog, die eise vir onafhanklikheid, beskou het. Die etniese Portugese van die gebied, wat meestal die regerende owerheid was, het met 'n toename in militêre teenwoordigheid en vinnige ontwikkelingsprojekte hierop gereageer.
'n Massa-uittog van Mosambiek se intelligentsia na naburige lande het veilige hawens vir radikale Mosambiekers geskep waarvandaan aksieplanne opgestel, en politieke onrus in hul geboorteland gestook kon word. Die stigting van die guerrilla-organisasie FRELIMO en die steun van die Sowjetunie, China, Kuba, Joego-Slawië, Bulgarye, Tanzanië, Zambië, Egipte, Algerië, en Moeammar al-Ghaddafi se regering in Libië met wapens en raadgewers, het gelei tot die uitbreek van geweld wat vir meer as 'n dekade voortgewoed het.
Uit 'n militêre oogpunt, het die Portugese Weermag die oorhand behou oor die guerrillamagte. Desnieteenstaande, slaag Mosambiek daarin om sy onafhanklikheid op 25 Junie 1975 te verkry toe 'n burgerlike opstand in Portugal, genaamd die Angelier-rewolusie, die militêre diktatuur, wat deur die Verenigde State ondersteun is, omver gewerp het. Dit was die einde van Portugal se 470 jaar van koloniale heerskappy in die Oos-Afrikastreek. Volgens geskiedkundiges was die staatsgreep in Portugal in 'n mate deur die opstande oor die Portugese troepe se slegte behandeling van die Mosambiekse plaaslike bevolking aangevuur.George Wright, The Destruction of a Nation, 1996Phil Mailer, Portugal – The Impossible Revolution?, 1977Stewart Lloyd-Jones, ISCTE (Lisbon), Portugal's history since 1974, "The Portuguese Communist Party (PCP–Partido Comunista Português), which had courted and infiltrated the MFA from the very first days of the revolution, decided that the time was now right for it to seize the initiative.
Agtergrond Portugese koloniale bewind duimnael|links|Mosambiek op die kaart van Suider-Afrika links|duimnael|'n Portugese propaganda-pamflet wat uit vliegtuie oor gebiede gestrooi is: "Frelimo lieg! Julle kry swaar". San-jagters en versamelaars, afstammelinge van die Khoisan, was die eerste bewoners van die streek wat vandag as Mosambiek bekend staan, gevolg gedurende die eerste en vierde eeu deur die Bantoe-sprekende mense wat oor die Zambezirivier na die gebied migreer het. Portugese skeepsvaarders land in 1498 aan die Mosambiekse kuslyn.Kennedy, Thomas. Portugal se invloed in Oos-Afrika groei regdeur die 16de eeu, verskeie kolonies, bekend as Portugees-Oos-Afrika, word gestig. Slawerny en goud word winsgewende bedrywe vir Europa.
Mosambiek was gekenmerk deur groot ongelykhede tussen die ryk Portugese en die meerderheid van die groot landelike Afrika-bevolking. Armer wittes, waarvan baie nuwe immigrante was, insluitende ongeletterde kleinboere, het voorkeur bo die swart bevolking gekry in laevlak stedelike werk, waar 'n stelsel van arbeidsafbakening gegeld het.Allen and Barbara Isaacman, Mozambique – From Colonialism to Revolution, Harare: Zimbabwe Publishing House, 1983, bl. 58 In die landelike gebiede het Portugese die handelsposte beheer waar die plaaslike kleinboere sake gedoen het.M. Bowen, The State Against the Peasantry: Rural Struggles in Colonial and Postcolonial Mozambique University Press Of Virginia; Charlottesville, Virginia, 2000 Baie van die plaaslike bevolking moes toekyk hoe hul kultuur en tradisies oorheers word deur die volksvreemde Portugese kultuur.T. H. Henriksen, Remarks on Mozambique, 1975, bl. 11 'n Klein opgevoede Afrika-klas het verrys, maar moes aansienlike diskriminasie verduur.J.M. Penvenne, Joao Dos Santos Albasini (1876–1922): The Contradictions of Politics and Identity in Colonial Mozambique, Journal of African History, 1996, number 37
Uitgesproke politieke andersdenkendes, wat die Portugese bewind gekritiseer en onafhanklikheid geëis het, is in ballingskap gedwing. Vanaf die middel-1920's is vakbonde en linksgesinde opposisie deur 'n reeks van outoritêre regerings in Portugal, in die land self en in die kolonies, verbied.J.M. Penvenne, Joao Dos Santos Albasini (1876–1922): The Contradictions of Politics and Identity in Colonial Mozambique, Journal of African History, 1996, number 37 Die swart Mosambiekse boere is deur die Portugese regering gedwing om rys of katoen vir die uitvoermark te produseer, maar is baie min daarvoor betaal. Baie ander werkers – meer as 250 000 teen 1960 – moes in die steenkool- en goudmyne in buurlande, hoofsaaklik Suid-Afrika, gaan werk waar hulle 30% van die ondergrondse arbeidsmark uitgemaak het.Kennedy, Thomas.T. H. Henriksen, Remarks on Mozambique, 1975, bl. 11Malyn Newitt, A History of Mozambique, 1995 bl. 517 Teen 1950 het net 4 353 Mosambiekers uit 'n bevolking van 5,7 miljoen stemreg gehad.T. H. Henriksen, Remarks on Mozambique, 1975, bl. 11 Die kloof tussen die Portugese setlaars en die Mosambiekse boorlinge word goed uitgebeeld deur die klein aantal mense met gemegde Portugese- en Mosambiekse oorsprong (mestiço) wat net 31 465 uitmaak in 'n bevolking van 8 tot 10 miljoen volgens die 1960 sensusopnames.
Die Mosambiekse Bevrydingsfront FRELIMO (Frente de Libertação de Moçambique), wat sedert 1977 formeel op die leerstellings van Karl Marx en Wladimir Lenin geskoei was, was egter sedert die laat 1960's 'n navolger hiervan.B. Munslow, editor, Samora Machel, an African Revolutionary: Selected Speeches and Writings, London: Zed Books, 1985 Die guerrillamag is op 25 Junie 1962 in Dar-es-Salaam, die grootste stad in die naburige Tanzanië deur Mosambiekse politieke leiers wat in ballingskap was,Malyn Newitt, A History of Mozambique, 1995, bl. 541 gestig. FRELIMO het ontstaan met die samesmelting van verskeie bestaande nasionalistiese groepe.T. H. Henriksen, Remarks on Mozambique, 1975, bl. 11
'n Jaar later, in 1963, vestig FRELIMO sy hoofkwartier in Dar-es-Salaam onder die leierskap van die sosioloog, Eduardo Mondlane, en begin eise stel vir die onafhanklikheid van Mosambiek. Ná twee jaar van vrugtelose pogings om deur politieke maneuvers op 'n vreedsame wyse onafhanklikheid te verkry, begin Mondlane in 1964 'n veldtog van guerrilla-oorlogvoering.
Die Verenigde Nasies plaas ook druk op Portugal vir dekolonisasie. Portugal dreig om uit NAVO te bedank. Dit het die wenslike uitwerking vir Portugal en die steun aan die nasionalistiese groepe word gestaak en so ook die druk op Portugal. Dit dwing FRELIMO om sy heil by die Sowjetbloklande te gaan soek.
Steun van die Sowjetunie Gedurende die Koue Oorlog, en in besonder in die laat 1950's, het die Sowjetunie en die Volksrepubliek China 'n strategie van destabilisasie teen die Westerse moondhede gehandhaaf deur hul houvas op die kolonies in Afrika te ontwrig.Robert Legvold, Soviet Policy in West Africa, Harvard University Press, 1970, bl. 1. Nikita Chroesjtsjof, in besonder, het die "onderontwikkelde derde van die mensdom" as 'n metode gesien om die Weste te verswak. Die Sowjetunie het Afrika uitgebuit om 'n wig tussen die Westerse moondhede en hul kolonies in te dryf, en om pro-kommunistiese state in Afrika te vestig om sodoende toekomstige betrekkinge te kweek.Valentine J. Belfiglio.
Eduardo Mondlane se opvolger, die toekomstige president van Mosambiek, Samora Machel het hulp van beide Moskou en Beijing aanvaar en die twee lande beskryf as "die enigste wat ons werklik sal help...hulle het gewapende stryde geveg, en enigiets wat hulle geleer het, en relevant vir ons is, kan ons gebruik."Brig. Die guerrillas is opgelei in ondermyning en politieke oorlogvoering, en het ook militêre hulp ontvang. In 1972 is daar 'n vrag van 122 mm artillerie-vuurpyle na FRELIMO verskeep,Valentine J. Belfiglio. saam met 1 600 raadgewers uit Rusland, Kuba en die Duitse Demokratiese Republiek.B. Munslow, editor, Samora Machel, an African Revolutionary: Selected Speeches and Writings, London: Zed Books, 1985
Konflik Insypeling onder Mondlane (1964–69) regs|duimnael|Die Aérospatiale Alouette III, een van die algemeenste helikopters wat in Afrika gebruik is Aan die begin van die oorlog was daar maar min hoop vir 'n konvensionele militêre oorwinning vir FRELIMO met sy skrale 7 000 vegters teen 'n veel groter Portugese mag. Hul hoop was die steun van die plaaslike bevolkings sodat 'n onderhandelde onafhanklikheid met Lissabon bereik kan word. Portugal het sy eie soort van uitgerekte oorlog gevoer, en 'n groot militêre mag is deur die Portugese regering gestuur om die onrus te onderdruk. Die troepesterkte is tussen 1964 en 1967 van 8 000 tot 24 000 aangevul.Borges Coelho, João Paulo. Die aantal plaaslike soldate wat gewerf is, het in dieselfde tydperk na 23 000 man gegroei.
Die militêre vleuel van FRELIMO was onder die bevel van Filipe Samuel Magaia, wie se troepe in Algerië opgelei is.Tom Cooper. Die guerrillas is met 'n verskeidenheid van wapens toegrus, baie hiervan het van die Sowjetunie en Sjina gekom. Die algemeenste wapens was die Mosin-Nagant slotaksie geweer, SKS en AK-47 automatiese gewere, en die Sowjet PPSh-41. Masjiengewere soos die Degtyaref ligte masjiengeweer was algemeen in gebruik, so ook die DShK en die SG-43 Gorunof. FRELIMO het ook mortiere, terugslaglose gewere, RPG-2's en RPG-7's, lugafweer-wapens, soos die ZPU-4, en vanaf 1974 die Strela 2, gebruik.Cann, John P, Counterinsurgency in Africa: The Portuguese Way of War, 1961–1974, Hailer Publishing, 2005
Die Portugese magte was onder die bevel van Genl. António Augusto dos Santos, 'n man wat geglo het in die moderne teen-insurgensie-strategieë. Augusto dos Santos was ten gunste van samewerking met Rhodesië om Afrika verkennerseenhede en ander spesiale magte op te lei. In gevalle het die Rhodesiese magte hul eie onafhanklike operasies tydens die konflik geloods.
Hoewel helikopters nie in dieselfde mate n Mosambiek, soos in die Viëtnamoorlog gebruik is nie, is die Alouette III baie algemeen aangewend. Die SA 330 Puma is ook met groot sukses gebruik. Die Portugese Vloot het patrolliebote, landingsvaartuie, en opblaas-Zodiacs in die oorlog gebruik.
Die begin van die FRELIMO-aanvalle